Die Weg (2): Christus die voltooide weg en ons slegs padververbruikers

Daar is net Een Padbouer: God (Johannes 3:16 en 17). En die pad wat Hy gebou het, is voltooi: Christus, die weg en die waarheid en die lewe (Johannes 14:6 en 19:30). Hierdie pad bring ons nie halfpad nie, maar die hele pad: tot in die hemel.

Ons moenie dink dat ons met ons goeie werke ‘n bydrae moet en kan lewer tot ons weg tot verlossing nie. God het nie padbouers nodig nie. Trouens ons is nie eens geskik vir daardie werk nie (Matteus 18:25). Ons is dit nie eens in die geringste mate nie. Immers, selfs ons beste werke is met sonde bevlek en blokkeer daarom ons weg.

Daarom, al wat ons moet wees, is padverbruikers: wandel op die Pad van God. Dit wil sê: glo in Jesus Christus, die sekere en heerlike weg van God (Johannes 3:16-17).

Dit is die pad van aan-God-alleen-al-die-eer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s