Die Weg (3): Christus ons Pad-wyser, ons Pad-bouer, ons op-diePad-houer

Christus is ons Pad-wyser, ons Pad-bouer en ons op-die-Pad-houer:

1. Hy is ons Pad-wyser:
As ons hoogste Profeet en Leraar maak Hy die plan en wil van God aangaande ons verlossing aan ons bekend.

Deur sy Heilige Gees het Christus in die Ou Testament deur die profete gepraat (1 Petrus 1:11) en daar al die weg gewys (Lukas 24:25-27). Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar (Johannes 1:18).

2. Hy is ons Pad-bouer:
As ons enigste Hoëpriester het Hy ons met die enige offer van sy liggaam verlos en met sy voorbidding tree Hy gedurigdeur by die Vader vir ons in.

Sy bloed baan vir ons die weg tot God se Vaderhart en Vadertroon.

Deur die geloof in Hom het ons toegang tot die genade waarin ons staan (Romeine 5:1,2). Deur sy bloed het ons vrymoedigheid om in die hemelse heiligdom in te gaan op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons berei het (Hebreërs 10:19-20). Niemand kom tot die Vader behalwe deur Hom nie (Johannes 14:6).

3. Hy is ons op-die-Pad-houer:
Hy is ons ewige Koning, wat ons by die verlossing wat verwerf is (die Weg van verlossing, wat Hy gebou het), beskerm en bewaar.

Dit het Hy self aan ons beloof: En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie (Johannes 10:28). Hy bid ook vir ons dat ons geloof in die weg nie op sal hou nie (Lukas 22:31-32).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s