Die evangelie (1): skepping uit niks

Maarten Luther skryf in sy kommentaar op Galasiërs: Die evangelie ontneem die mens alle eer, alle wysheid en alle geregtigheid en gee dit aan die Skepper alleen wat ALLES uit NIKS maak.

Daarmee bedoel Luther: in ons is daar NIKS nie, NIKS goeie werke of geregtigheid nie. Maar met ons verlossing of herskepping gaan dit net soos met die skepping:

  • Toe God geskep het, het Hy ALLES geskep uit NIKS deur sy WOORD (dit is Christus);
  • Met ons verlossing of her-skepping is dit dieselfde: deur sy WOORD (dit is Christus) herskep Hy ons wat NIKS het nie en in sy Seun skenk Hy ons ALLES.

In Christus het ons al die werke (geregtigheid) wat ons nodig het. Sy geregtigheid word ons toegereken en geskenk.

Met ons geloof gaan dit net so. In ons hart is daar NIKS nie: geen geloof, geen liefde vir God nie, maar net opstand en ongeloof. God moet uit niks iets skep. God moet ons dooie harte lewend maak. Hy moet ons blinde oog verlig, anders bly ons lewenslank blind. Ook dit doen Hy deur sy WOORD.

Skpepping – dit is iets wat net God kan doen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s