Die totale mens en die totale Christus

Ons sal moet weet dat ons die mens in ons prediking nooit diep genoeg in Christus en sy heil kan intrek nie: die totale mens – dit is die mens met sy berghoë skuld, die mens met sy absolute en totale magteloosheid om maar ‘n greintjie goeds, ‘n enkele goeie werk sonder Christus te kan doen. Ons sal die totale verlossing van Christus moet toepas op ons totale lewe: die gesin, die huwelik, die staatkunde, die politiek, die kerk, kerklike vergaderings en noem maar op. Nêrens sal daar iets goeds tot stand kan kom as net deur ‘n Christus-prediking nie. Immers, net die Woord, net Christus kan uit niks iets skep. Moraal-prediking (‘n wetsprediking wat dit aan die mens self oorlaat om reg te maak wat verkeerd is) kan dit nie doen nie. Christus verlos ons nie net van die skuld van die sonde en die gevolg van die sonde soos siekte en dood nie. Hy red ons ook van die mag van die sonde, wat ons verhouding met God en medemens vernietig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s