Teen die rewolusie die evangelie

Vanaf die sondeval was dit al daar: die opstand teen Christus en sy Woord. Onder andere Psalm 2 profeteer daarvan: van die volke en nasies wat saamsweer om die juk van Jesus af te werp. Daardie juk is die evangelie. Daarteen was die stryd ook in die gemeentes van Galasië (Handelinge 15:1-22; Gal.2:1-10) en in ons tyd gemik: teen die Woord van Christus, teen die evangelie van genade alleen, teen die leer van regverdiging deur die geloof alleen sonder ons werke, teen die gesag van daardie Woord van die Messias (= die Christus).

Dit is ‘n opstand en stryd  wat jonk en oud, geleerd en ongeleerd raak: in almal van ons leef die rewolusie teen Christus en sy regering.

Teen hierdie rewolusie wat hom openbaar in kerk en samelewing, in skool en gesin, ja, en ook in ons eie hart en lewe – daarteen is daar net een antwoord:

  • teen die rewolusie die evangelie,
  • teen die opstand die verlossende ingryping van Christus deur die krag van sy Woord.

Op geen ander manier sal ons onsself en ons kerk en ons land verander nie as net deur Christus en sy Woord en Gees nie.

Wat staan ons daarom te doen? Na Christus toe! Na sy evangelie toe! Verkondig die evangelie in die wêreld. Want die evangelie – dít is die wapen kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus  (2 Korintiërs10:4-5). Die evangelie is die wapen in die hand van Christus self.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s