(1) Ons aanneming tot kinders: die losprys van Christus

In Galasiërs 4:4-5 lees ons: “… God het sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet, om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.

Ons ontvang die aanneming tot kinders!

In die wêreld van daardie tyd was dit heeltemal gewoon dat jong, volwasse seuns van goeie karakter – meestal ‘n jong slaaf – deur welgestelde, kinderlose families aangeneem is om hulle erfgename te word.

Maar hier gebeur iets onbegrypliks: God neem nie mense met ‘n mooi, vroom, goeie karakter aan nie. God die Vader neem mense van sondige karakter aan om sy kinders en erfgename te wees (Vgl Rom 5:8: “Maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was”).

Hoe op aarde is dit moontlik? Daarop is daar net een antwoord: God die Vader het sy Seun uitgestuur. Daarin lê die geheim en die rede en die enigste oorsaak van ons aanneming tot kinders: in Christus, in die losprys wat Hy betaal het, in sy kruis. By daardie prys hoef niks van ons by te kom nie: nie ons vroomheid of ons werke nie, maar net deur daardie prys is ons kinders en erfgename.

Wel moet ons glo. “Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus” (Gal 3:26).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s