(1) Gedagtes oor die gebed: Christus alleen

Ook ten opsigte van die gebed geld die beginsel: Christus alleen.

Gebed het alles te make met ons verlossing in Christus.

WANT:

  • Alleen deur Christus is God weer ons Vader. Maar almal wat Hom (Jesus) aangeneem het, aan hulle het Hy mag (die reg – verwerf deur Christus) gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo (Johannes 1:12).
  • Die gebed word gebore uit die verlossingswerk van Christus. Alleen deur die verlossingswerk van Christus wil ons weer bid, kan ons weer bid.
  • Die gebed lê vas in die verlossingswerk van Christus. Alleen in Christus is die vervulling van al God se beloftes vir ons vas en seker.
  • Die gebed gryp voortdurend na die verlossingswerk van Christus. Immers, alleen in en deur Christus kan ons God se Naam heilig, ons onderwerp aan sy koningskap, ons buig onder sy wil, ens. Alleen in Christus het ons reg op brood, alleen in Christus het ons vergifnis van ons sondes, alleen in Christus kan ons die versoeking van die Bose oorwin.


DAAROM:

  • Gebed is een groot lofprysing van die verlossingswerk van Christus.
  • Gebed is geheel en al afsien van jouself en heeltemal opsien na Christus alleen.

EN:

  • In so ‘n gebed – Christus alleen – en in so ‘n gebed alleen word die Vader ten hoogste geëer.
  • En die Heilige Gees doen niks liewer as om die Christus-alleen-gebed ons in die mond te lê nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s