Die Here gee ons die genade wat ons nodig het en wanneer ons dit nodig het

Spurgeon vertel êrens van ‘n preek wat hy gehoor het. Dit het ‘n besondere indruk op hom as jong dominee gemaak.

Dit het gehandel oor God se genade in ons lewe, verskillende genadebewyse van God: die genade om ons roeping te kan vervul, die genade van skuldvergiffenis, ens.

En telkens wanneer die prediker klaar was met ‘n besondere genade van God in ons lewe, het hy dit afgesluit met dié sin: Maar daar is een genade wat ons nie ontvang nie.

Aan die einde van die preek het hy dit weer herhaal: Maar daar is een genade wat ons nie ontvang nie – sterwens-genade! Dit sal God vir ons gee wanneer ons dit nodig het.

Ons wonder soms: Hoe sal ek ooit ‘n swaar lyding, bitter geloofsvervolging, die moeite van die ouderdom kan dra of hierdie of daardie moeilike taak kan volbring? As ons nie in die situasie is nie, kan ons ons dit nie indink dat ons dit ooit sal kan hanteer en die moeilike omstandighede sal kan bolwerk nie.

Ja, hoe sal ons? Die antwoord is: God sal ons die genade gee wat ons nodig het en wanneer ons dit nodig het.

Sy genade is ook genoeg (2 Korintiërs 12:9: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s