(1) Ons dood – die heerlike uitsig van elkeen wat in Christus sterf (Luther)

Christus moes sterf. Hy moes Hom tot in die dood toe verneder. Immers – die straf op die sonde is die dood (Gen 2:17; Rom 6:23).

En – Hy hét gesterf. Hy hét die straf gedra, wat ons verdien het.

Maar daarmee, met die skuldbetalende sterwe van ons Heiland kry ons dood ‘n totaal ander karakter: Ons dood is geen betaling vir ons sondes nie, maar alleen ‘n afsterwing van die sondes en ‘n deurgang tot die ewige lewe (Heidelbergse Kategismus Sondag 16, vraag en antwoord 42).

Deur die geloof in Christus het ‘n gelowige ‘n heerlik uitsig. Om die dood in te gaan, is eintlik nie meer sterwe nie, maar dit is veel eerder net soos wanneer ‘n moeder haar kind in die wiegie neerlê om die kind aan die slaap te wieg (Luther). “Ons sal slaap totdat Hy kom en aan ons grafsteen klop en sê: ‘Doktor Martin, staan op’ en dan sal ek oombliklik opstaan en ewig met Hom bly wees”.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s