(3) Ons dood – die heerlike uitsig van elkeen wat in Christus sterf (Perkins)

William Perkins skryf: Ons liggame in die graf is soos bome in die wintertyd. Deur die verborge vereniging met Christus sal ons liggame herleef. Die sangtyd kom nader! En, sê dieselfde Perkins , as die duiwel u aanval op u sterfbed en u sien geen uitweg nie, sluit dan u oë en sê niks nie. Sê dan: Here Jesus, in u hande gee ek my gees oor ! (Handelinge 7:59)

Here Jesus, in u hande gee ek my gees oor ! (Handelinge 7:59. Vgl ook Ps 31:6 en Lukas 23:46 ) – ‘n ryk, betekenisvolle sterfbedgebed. Dit was die gebed van die sterwende Stefanus. Sterwende gee hy sy gees oor in die hande van die Here Jesus – om vir ewig te lewe, al het hy ook gesterwe. Hy sterf, maar hy lewe; hy sterf, maar hy is by Jesus. Immers, niks – ook nie die dood nie – kan ons skei van die liefde van God, wat in Christus Jesus, ons Here, is nie (Rom 8:39). Hierdie feit lê vas, gewaarborg in die dood van Christus (Rom 8:34). Daarom kan ons in die gesig van die duiwel sê: Here Jesus, in u hande gee ek my gees oor ! (Handelinge 7:59) As die duiwel sy hande uitsteek na my lewe, lê ek my lewe in die hande van Jesus. En dan sing ek:

U is my eewge rots, o HERE!

Diep in u veil’ge sy

sal ek genestel bly.

….

Ek gee my gees oor in u hande,

my Redder, wat my trou

in veil’ge hoede hou. (Psalm 31:3,4 – Totius)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s