Die opstanding van Jesus: Waar daar geloof is in Hom wat die Lewe is, is daar lewe, is daar hoop.

Jesus sê vir Martha: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit? (Joh 11:25-26 )

 

Waar daar lewe is, is daar hoop. So lui ‘n bekende spreekwoord. Daarmee bedoel ons: Solank ‘n sieke nog leef, is daar nog hoop: hoop op herstel, hoop op lewe. As die dood egter eers ingetree het, is dit verby. Dan is dit met alle hoop gedaan.

 

Waar daar lewe is, is daar hoop. Dit klink so waar.

Tog is hierdie spreekwoord een van die vele wat maar ‘n halwe waarheid bevat. Nee, nog erger, wat ‘n hele leuen is.

Dit is alreeds ‘n halwe waarheid as ‘n mens net daaraan dink dat jy mense kry wat so ernstig siek is, dat ons alle hoop opgee. In so ‘n geval kan jy tog sekerlik nie sê: Waar daar lewe is, is daar hoop, nie?

Maar ook in ‘n ander, nog belangriker opsig is die spreekwoord onwaar. Ons as gelowiges weet bely immers: Jesus het die dood oorwin het. Juis daarom kan ons sê: Sélfs waar daar dood is, is daar hoop.

Kom ek sê dit nog ‘n bietjie anders: Waar die Vors van die lewe is, die Koning van Pase, is daar hoop sélfs in die dood.

Jesus stel dit duidelik in Johannes 11: Hy is die opstanding en die lewe; wie in Hom glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en wie in Hom glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Die dood beëndig nie die lewe wat daar is in Christus Jesus nie.

In Hom is die lewe. Maar dan moet ons ook daarby sê: Wie deel wil kry aan die lewe wat Jesus bring, moet ook in Hom glo. Driemaal kom dit in hierdie twee verse ter sprake: … wie in My glo … elkeen wat in My glo … Glo jy dit?

 

Samevattend moet ons die spreekwoord so korrigeer: Waar daar geloof is in Hom, wat die Lewe is, is daar lewe, is daar hoop.

 

In Genesis 3 het die mens uit die lewe in die dood ingestap. Met sy opstanding het Jesus uit die dood in die lewe ingegaan en elkeen wat glo saam met Hom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s