Troos van my skoonmoeder “Loïs” uit die graf: die enigste Helper

Timoteüs het sy grootmoeder Loïs en sy moeder Euníce gehad (2 Tim 1:5) – ‘n ouma en ma wat hom van Christus geleer het, wat hom met God getroos het.

Ek het ook so ‘n allerliefste, vroom skoonmoeder gehad, ‘n egte Loïs en ‘n ware, Godgegewe Euníce. Sy het geleef uit die enigste troos in lewe en in sterwe – en gespreek oor Hom met oupa Piet, met haar kinders en skoonkinders en kleinkinders en almal rondom haar – en ook met my. Sy kon ten enemale nie stilbly nie.

Hierdie “Loïs” is my skoonmoeder Gerry Zwemstra. Sy is oorlede in 2007, maar sy spreek nóg sélfs uit die graf: deur haar geestelike nalatenskap. Ook nou nog hoor ek haar wonderlike stem, wat net van God kon spreek, van haar geloof. Sy kan ook nou – ja, selfs nou in die dood – ten enemale nie stilbly nie, omdat die dood God se getuies nie kan stil maak nie – immers, Hy het die dood oorwin.

Dít is – gemeenskap van die heiliges dwarsdeur die dood heen. Sy en pa lewe, lewe, lewe, lewe ewig al het hulle ook gesterwe. Immers: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe(Joh 11:25). Gelowiges, heiliges sterf hier op aarde, maar die gawes van die Gees sterf nie. Hulle lewe by God en hulle leef steeds voort by ons deur hulle Geestesgawes, God se genadegawesaan hulle, om die lewende heiliges ontwil, ook om my ontwil.

As vele lewendes ons dikwels nie troos of kan troos nie, geen troos het nie, doen God dit deur die dode, deur die ewig lewende gestorwe gemeenskap van die heiliges. Ek glo aan die gemeenskap van die heiliges – dankie, HERE, vir ouers wat deur U ook nou nog met my spreek en my wys op God alleen, op die enigste Helper.

 

Hier is ‘n stukkie geestelike erfenis (ek weet nie van wie die gedig is nie) van my skoonmoeder “Loïs” , wat my so oneindig baie troos in hierdie moeilike tyd:

 

Als jij het niet meer weet,

weet God het altijd nog.(1)

 

Als jij geen kans meer ziet,

zijn er Gods kansen nog.(2)

 

Als jij slechts bergen ziet,

is God al op de top.(3)

 

Als jij geen weg meer ziet,

Ziet God je al uit het slop.(4)

 

Als jij geen uitkomst ziet,

weet God je al gered.

 

Als jij niet bidden kunt,

hoort God al je gebed.

 

Als jij t’begin niet ziet,

is God al aan het slot.

 

Als jij geen gat meer ziet,

bent jij pas klaar voor God.(5)

 

VERKLARENDE NOTAS VAN MYSELF:

(1) As jy geen oplossing meer sien nie, het God nog altyd ‘n oplossing.

(2) Kans = uitkomskanse, oplossingskanse

(3) Berge = onoorkombare probleme.

Is God al op die top = het Hy reeds die probleem oorwin, wat vir jou so groot gelyk het.

(4) As jy geen weg (= uitweg) meer sien nie, sien God jou al uit die slop (= doodloopstraat)

(5) As jy geen gat meer sien nie ( = geen oplossing meer sien nie), is jy eers reg vir God. Dit wil sê: Eers as jy weet dat jy jouself nie kan help nie, dat mense jou nie kan help nie, dan is jy reg vir die enigste ware Helper. Ons moet leer om ons nood nie in swak, hulpelose mensehandjies te lê nie, maar in die almagshande van die enigste ware Helper.

 

Ja,

God wat HELP in nood, is in Sion (in sy kerk) groot.

….

Bidders het gepleit / in die worstelstryd;

daar het lig gekom / uit die wolkkolom. (Psalm 99:2,4 – Totius)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s