Leiding tov tablette, smartphones en my tuisblad

Tablette, “smartphones” en my tuisblad

Ipad, Galaxy, smartphones

Tuisbladadres: www.enigstetroos.org

AH Bogaards

1. Tablette

Tablette soos iPad van Apple en Galaxy van Samsung word toenemend populêr. Ook smartphones.

My bedoeling met hierdie artikel is:

  1. Om baie (regtig baie) kort van die belangrikste Bybelprogramme te noem wat beskikbaar is en
  2. om te sê watter formaat boeke op my tuisblad ook op die tablette en smartphones gebruik kan word.

Ek gaan maar meer op iPad konsentreer, omdat ek ‘n iPad het. Ek is egter oortuig dat die boeke op my tuisblad (PDF en e-Boeke/Kindle), wat deur iPad hanteer kan word, ook deur Galaxy en alle smartphones gelees sal kan word.

2. Bybelprogramme

Twee gratis Bybelprogramme staan kop en skouers bo die ander uit:

  1. e-Sword van Rick Meyers en
  2. PocketSword.

2.1 e-Sword en PocketSword

2.1.1 e-Sword

As jy na e-Sword op jou iPad gaan, is daar ‘n afdeling Resources en daaronder:

1. DOWNLOADS – met modules van Rick, oa Keil, Henry en Gill se kommentare, Expositor’s kommentaar, Easton en Smith se ensiklopedieë, ens. Ook P Shaff se belangrike Creeds of Christendom is daar.

Die 1953-vertaling is gratis, die 1983-vertaling moet gekoop word.

2. USER GROUP (bydraes deur gebruikers, maar hulle het nog net by die letters B,H,I,M,P,S gekom). C (Calvyn) is nog nie daar nie. Dit staan al ‘n ruk stil, maar ek glo daar sal heelwat bykom.

2.1.2 PocketSword

Dit is regtig ‘n besonder oulike program. Dit het ook die 1953-vertaling. Verder is daar Calvyn se kommentare en die van Keil, Henry en Gill. Om maar net enkeles te noem. En natuurlik woordeboeke soos Easton’s Naves, ens.

2.2 Logos en Logos se Faithlife

Daar is app’s (applications, programme) wat gratis afgelaai kan word by iTunes: Logos en Faithlife van Logos.

As jy Logos gekoop het, kan jy die meeste van jou gekoopte boeke aflaai op iPad of deur jou internetverbinding lees. Die iPad-weergawe is ongelukkig net baie meer beperk in funksies as die PC- (rekenaar-) weergawe.

2.3 NET-Bible ME en OliveTree

Ek noem nog twee gratis en gedeeltelik gratis programme:

  • NET-Bible ME en
  • OliveTree (gedeeltelik gratis)

Dit is beslis die moeite werd om na hierdie twe te kyk.

2.4 AndBible vir Android

Dit is ook baie gewild. Ek ken dit egter nie, omdat ek nie ‘n Galaxy het nie. Dit is die Android-weergawe van PocketSword.

3. PDF-lêers en -programme

‘n Mens kan ‘n app (program) gratis aflaai, wat PDF kan lees: PDF-Reader. Ek het die Pro-weergawe gekoop, omdat dit so kragtig is. Ek is seker dat Galaxy iets soortgelyks het.

Hiermee kan ‘n mens al die PDF-lêers op my tuisblad oplaai en lees, oa die Drie Formuliere, verklarings van die KO, dogmatiekwerke, boeke oor die Nuwe Testament, die Ou Testament, Etiek, Katkisasie en nog baie meer.

Ek kan alle PDF-boeke ook op my Blackberry lees.

4. Kindle

Kindle kan op die iPad geïnstalleer word en sekerlik ook op Galaxy en die sg Smartphones. Ek het Kindle op my BlackBerry. Laai die iPad-weergawe by iTunes af.

Al die boeke op my e-Boek-afdeling kan dan gelees word, oa die Drie Formuliere.

5. Ander

Ek het intussen op interessante programme vir iPad afgekom, oa Christian Creeds and Reformed Confessions. Daar sal u talle belydenisskrifte in Engels kry, bv. Die Drie Formuliere van Enigheid (Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis, Dordtse Leerreëls). Dit is gratis.

Daar is sekerlik nog baie meer.

6. Nut

6.1 Bybelstudie en huisgodsdiens

Ek vind die tablette baie nuttig vir Bybelstudie en huisgodsdiens. Jy het die Bybel, kommentare en ensiklopedieë vinig beskikbar en kan mooi soektogte doen.

6.2 Kerlike vergaderings

Jy het KO-verklarings en Sinode-Handelings by jou sonder dat jy ‘n stapel boeke hoef saam te bring.

6.3 Nog meer

Daar is sekerlik nog baie meer nuttighede om te noem.

Ek self hou daarvan om my gunsteling boeke (‘n hele versameling van Kohlbrugge byvoorbeeld) op vakansie en oral by my te hê.

2 thoughts on “Leiding tov tablette, smartphones en my tuisblad

  1. Dagse Dr Bogaards, baie dankie vir die artikel.
    Ek gebruik ook daagliks die “Bible You Version” wat toegerus is met ‘n sweterjoen Bybels (tale) en jou maklik laat vergelyk of omskakel terwyl jy lees.

    Ek het groot begeerte dat eimand wat weet hoe ons Gereformeerde Psalmboek op die medium beskikbaar sal stel.

    Groete

    Dirk Badenhorst

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s