(4) Ons dood – dit is die poort van Isr’els Here … waardeur sy gunsvolk in mag gaan (HK, Ps)

Almal van ons kom een of ander tyd voor die dood te staan: die dood van ‘n man of vrou, die dood van ‘n kind of van ‘n familielid, of die dood van ‘n bekende.

En uiteindelik sal ons ook self voor die poort van die dood staan – ten minste: as Christus nie dan al gekom het nie.

Die doopsformulier noem hierdie lewe ‘n geleidelike sterwe – ja, die dood is in alle lewendes reeds ‘n werkende mag, in jonk en oud. Ons lê nie eers aan die einde van ons lewe op ‘n sterfbed nie, maar die werklikheid is: Ons hele lewe van ons geboorte af is een groot sterfbed.

Dit is alles so oneindig droewig, so somber.

Maar – die troosboek, die Heidelbergse Kategismus, wil ons in Sondag 16:42 troos met die enigste troos óók in ons sterwe: met Christus, met sy skuldbetalende dood in ons plek. Deur die skuldbetalende dood van Christus in ons plek kry die dood van God se kinders ‘n totaal ander karakter: Ons dood is nie ‘n betaling vir ons sonde nie, maar slegs ‘n deurgang tot die ewige lewe.

Die dood is nie meer ‘n poort na die doderyk nie, maar dit is die deur na God se paradys.

Ons lewe by God lê vas in die borgtogtelike, plaasvervangende sterwe én lewe van Christus. Daarom: Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die HERE vertel. (Psalm 118:17) Ek sal nie sterwe nie, maar lewe, lewe, lewe. Lewe in en deur Gods regterhand – deur Christus. Here Jesus, ontvang my gees! (Psalm 31:6; Handelinge 7:59) Hy hou my vas in sy reddende regterhand om my nooit meer los te laat nie. Niks – ook die dood nie – kan my skei van die liefde van God, wat daar in Christus Jesus, ons Here is nie. (Romeine 8:38-39)

Daarom: voor die poort van die dood, nee, voor die poort van die ewige lewe, kan ek daarom in en deur en danksy die sterwe en lewe van Christus jubel:

die dood …

DIT is die poort van Isr’els HERE,

wat voor sy huis as wagter staan;

die poort wat meld van heil en ere,

waardeur sy gunsvolk in mag gaan.

Daar sal ek, HEER, met dankgebede

U groot maak op die dag van fees,

want U was in my angsverlede

vir my tot hulp en heil gewees. (Totius. Psalm 118:10)

Ja, as ek hier op aarde my oë sluit, dan , ja dan gaan ek deur die poort, want …

Dan gaan ek in na Gods altare,

tot God, my God, my vreugde=en lied;

dan speel ek met die harpenare,

dan ruis vir U my blye snare –

vir U wat my, ná kort verdriet,

‘n eewge vreugde bied. (Totius. Psalm 43:4)

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s