Die vernaamste reël van die Christelike godsdiens

(Sien ook die video-skakel aan die einde van hierdie oordenking)

Die groot kerkvader Augustinus het eenmaal gesê: As u my sou vra wat die vernaamste reël van die christelike godsdiens is, dan sou ek u antwoord: in die eerste plek ootmoed, in die tweede plek ootmoed, in die derde plek ootmoed, en altyddeur ootmoed.

Ootmoed – dit beteken: afhanklikheid van God. Ons kan die woorde van Augustinus daarom ook vertaal: afhanklikheid van God in die eerste plek, afhanklikheid van God in die tweede plek, afhanklikheid van God in die derde plek en altyddeur afhanklikheid van God.

Of om ootmoed/afhanklikheid nog anders te vertaal: alleen:

  • Deur die Woord alleen.
  • Deur Christus alleen.
  • Deur genade alleen.
  • Deur die geloof alleen.
  • Aan God alleen die eer.

En die woordjie net:

  • Net sy Woord kan ons herskep, ons lewend maak.
  • Net Christus kan ons van die sondemag en –skuld verlos.
  • Dit is alles net genade, sonder iets van my kant. Ek kan geen bydrae lewer nie. Dit erken ek met die woord genade.
  • Geloof beteken om op die net, op die alleen te steun en om so net aan God al die eer te gee, net aan Hom alleen.

Skakel na ‘n YouTube-video by hierdie oordenking: http://troos.info/VYswRn

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s