(5) Abraham-dagstukke: die stokou geloof

Daar was meer hervormers as net Calvyn en Luther in die tyd van die Reformasie. In Zürich was daar ‘n man met die naam Heinrich Bullinger. Bullinger het ‘n baie mooi boek oor die Christelike geloof geskryf. Die titel van die boek is Die ou geloof. In daardie lesenswaardige boekie toon Bullinger aan dat die Christelike geloof nie eers in die Nuwe Testament sy onstaan het nie. Die Christelike geloof is ‘n stokou geloof. Die hele verlossing van Christus Jesus is reeds lank, lank tevore beloof en geprofeteer ook aan die mense van die Ou Testament. Daarom het óók die aartsvaders – óók Abram dus – ons Here Jesus Christus in die gees gesien en op Hom vertrou. By ons is alles wel duideliker én ons het die vervulling, terwyl dit by hulle nog in ‘n mate donker was en ‘n saak waarvoor hulle nog gebid het.

Bullinger beroep hom vir sy standpunt op die kerkgeskiedskrywer Eusebius van Caeserea. Eusebius het alreeds in die twaalfde eeu geskryf: Almal vanaf Abraham terug tot op die eerste mens was Christene, al het hulle die naam Christen toe nog nie gedra nie. Dan verduidelik Eusebius: Die naam Christen beteken immers: iemand wat op Christus vertrou, iemand wat deur die leer van Christus aan die geloof, aan die genade, aan die geregtigheid van God vashou. En dit is presies wat die heilige aartsvaders gedoen het.

Daarop kan ons uitbrei: Christus het Abram verlos uit Ur van die Chaldeërs; Christus, die God van heerlikheid, het aan Abram verskyn; Christus het met Abram gepraat; en Christus het aan Abram sy eise en beloftes gegee.

  • Op grond van die Woord kan ons sê: Die heerlikheid van Christus straal ons toe in die Evangelie.
  • én – op grond van die Woord moét ons sê: die heerlikheid van Christus vol genade en waarheid het óók Abram verlig onder andere in die Woord van Genesis 12 vers 1 tot 3.

Ons bely hierdie dinge waarvan Bullinger praat trouens ook in antwoord 19 van ons Kategismus. Daar bely ons uitdruklik: God het die heilige evangelie (ook) deur die heilige aartsvaders laat verkondig:

  • die evangelie – let wel;
  • die evangelie – wat is dit anders as Christus?

Daarom: die geskiedenis van die aartsvader Abraham is verkondiging van Christus en sy werk.

Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly. (Joh 8:56)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s