Die Here is naby: Filippense 4 en Handelinge

In Filippense 4 vers 5 skryf Paulus: Die Here is naby. Dit is die sleutelvers van die Filippense-brief. Dit is die skarnier waarom die brief draai. Dit is die bron van die blydskap van die Filippensebrief.

Die Here is naby – dit is ’n uitdrukking wat uit die Ou Testament kom. Onder andere in Psalm 145:18 lees ons dit. In daardie Psalm word die nabyheid van die HERE ten nouste gekoppel aan die gebed: Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, wat tot Hom bid. En dieselfde kry ons in Filippense 4:5-6: Die Here is naby … Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.

In Psalm 34:18 het ons ´n verklaring van die uitdrukking die Here is naby, want daar sê die Psalmdigter: Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.

In Handelinge 15:40 – 16:40 sien ons al hierdie dinge in die praktyk: die biddende kerk en die handelende Here Jesus Christus verlossend, verhorend naby sy kerk.

Handelinge is benewens die ander tekste in die Ou Testament nog ‘n kommentaar en  ‘n praktiese verklaring van die woorde die Here is naby: die Here Jesus is handelende, reddende, verhorende by – naby – sy volk.

Wie u aanroep in die nood, vind u guns oneindig groot (Psalm 86:3 Totius)

Daar is nie ‘n beter, mooier, heerliker kommentaar op tekste in die Bybel as die Bybel self nie. Dit is Christus en sy Gees se volmaakte kommentaar. Die Skrywer sê Self wat Hy bedoel in sy Boek. Dit is Skrif-met-Skrif-vergelyking.

;

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s