Onheilig in my self, maar daarom het Christus gekom

In n biografie (lewensbeskrywing) oor Spurgeon, is die volgende aangrypende stuk uit ‘n werk van hom aangehaal.

Saam met Calvyn en Luther, sê Spurgeon, het hy altyd geglo dat die hele inhoud van die Evangelie in hierdie een woord saamgevat kan word: plaasvervanging – in ons plek gaan staan.

Plaasvervanging beteken:

  1. Ek verdien dit om vir ewig verlore te gaan. Die enigste rede waarom ek nie die ewige straf ontvang nie, is omdat Christus in my plek die straf gedra het. En dit is nie nodig om die sonde tweemaal te straf nie.
  2. Ek weet ook: ek kan die hemel nie ingaan tensy ek ‘n volmaakte geregtigheid het nie. Ek is absoluut seker daarvan dat ek nooit self enige geregtigheid gehad het nie. Inteendeel, ek ervaar dat daar nie ‘n dag verbygaan waarop ek nie sondig nie. Maar Christus het ‘n volkome geregtigheid gehad en Hy het gesê: “Hier, arme sondaar, neem my kleed en trek dit aan; jy sal voor God staan asof jy Christus is; : en Ek sal voor God staan, asof Ek die sondaar was. Ek sal in die plek van die sondaar ly, en jy sal vir werke beloon word, wat jy nie gedoen het nie, maar wat Ek vir jou gedoen het”.

Dit is die wonderlike ruil, waarvan Luther praat.

En dan gaan Spurgeon verder met teruggryping na en sinspeling op sy eerste bekering (toe hy die woorde gehoor het: “Sien op My, op Christus”):

“Jy is nie ‘n heilige nie”, sê die duiwel. Waarop Spurgeon dan sê: “Dit is wel so, ek is ‘n sondaar (AHB = onheilige), maar Jesus Christus het in die wêreld gekom om sondaars (AHB = onheiliges) salig te maak.”

“Nêrens anders het ek enige hoop gevind nie”, sê Spurgeon, “maar nét in hierdie woord: Jesus Christus het in die wêreld gekom om sondaars (AHB = onheiliges) salig te maak”. Deur “op Hom te sien, het ek al die hoop ontvang, wat my met vertroue op sy genade besiel het”.

“Altyd”, sê Spurgeon, “sal daardie woord, wat eerste my siel aangetrek het, bly weerklink in my ore: ‘Sien op My’ (= Jesus). Dáár het ek eenmaal bekering gevind en dáár sal ek altyd verfrissing en vernuwing bly vind”.

Ja, sekerlik, óók ék, ja óók ék is onheilig in my self, maar daarom het Christus gekom – óók vir my -, naamlik om my salig te maak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s