Of-of-besluite of die Woord alleen

Gereformeerdes het nou al gewoond geraak aan of-of-besluite deur die sinode.

Dit geld die besluite oor die 1983-vertaling, die 2003-Psalmomdigting, die vryelied en die vrou in die amp van diaken.

Ek sal met een voorbeeld verduidelik wat ek met ‘n of-of-sinodebesluit bedoel: kerkrade kan self kies of hulle vryeliedere wil sing of nie. Dit maak nie saak vir watter opsie die kerkraad kies nie.

Met hierdie soort besluite het ek ‘n baie groot probleem. As hierdie sake werlik op die Skrif gegrond is, kan daar net een besluit wees: alle kerkrade moét voor hierdie besluit uit die Woord buig. Die Bybel is nie dubbelsinning nie – jy kan nie doen wat jy self verkies nie.

Anders gestel: ons as Gereformeerdes sê tereg: in die Kerkorde en Kerkregering moet dit gaan om Christus-regering. As dit dan so is, as ons in ons sinodes met Christus-regering te make het en erken dat dit die aard van die vergadering is,moét kerkrade voor die besluite buig.

Hierdie of-of-besluite kan net so geneem word, as sinodes erken dat dit nie oor die Woord, dat dit nie oor Christus-regering gaan nie. As hulle werklik oortuig was daarvan dat die Bybel so beveel, dan sou hulle besluit het: julle moét die vryelied, ens. aanvaar.

In Nederlands sê mense soms van ‘n dominee se preek: hy het vandag weer geskipper op die kansel. ‘n Skipper skipper sy skip tussen die gevaarlike rotse heen om te voorkom dat sy skip daarteen bots. Met die of-of-besluite het die sinode ook geskipper. Hulle wou nie sê dít is wat die Woord sê nie. Hulle wou ‘n botsing teen een van die twee standpunte vermy deur te sê: maak wat jy wil (met die Woord). Daarmee het skipper Sinode teen die Rots gestamp en daardie Rots is Christus.

Altwee kan nie reg wees nie.

Die NG Kerk doen presies dieselfde met Belhar. Daar word voorgestel dit word ‘n belydenisskrif van die kerk maar jy kan self besluit of jy dit aanvaar of nie. Hulle stel voor: “Die Belydenis van Belhar is deel van die belydenisgrondslag van die Kerk, op so ʼn wyse dat daar ruimte is vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit as in ooreenstemming met die Woord van God bely, sowel as vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit nie as ʼn belydenisskrif onderskryf nie.” Sien http://troos.info/1Lkuh3h

Met die Direkte Vertaling van die Bybel is ook so of-of-besluit geneem:

  • Die Bybelgenootskap wil nou een uitgawe maak wat byvoorbeeld Psalm 110:1 , waar dit op grond van Christus se eie getuienis in Matteus 22:41-46 (vgl. ook Mark.12:35-37 en Luk.20:41-44) net oor Hom gaan, Here met kleinletters (Die uitspraak van die HERE vir my heer is: “Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande ‘n voetbank vir jou voete maak.”) vertaal. Vir ‘n volledige weerlegging van hierdie vertaling sien http://troos.info/1zSNKzy
  • Dan wil hulle ‘n tweede vertaling maak, wat wel hoofletters is.

Dan kan jy kies: of die hoofletter- of die kleinlettervertaling. Of jy erken die gesagvolle Woord van Christus of jy erken dit nie. Daarmee stamp hulle self en laat hulle ander stamp teen die Rots Christus en sy gesagvolle Woord.

One thought on “Of-of-besluite of die Woord alleen

  1. Hallo Attie, mens weet ook nie meer hoe jy oor hierdie dinge moet voel nie. Dink ook aan die NGK se besluit oor die bestaan van die Satan. Hoe kan dit wees dat ‘n Sinode met ‘n meerderheid ook so ‘n of-of besluit oor die bestaan van die Satan neem en dan nie daarmee s^e dat dit die siening van die meerderheid is nie. Ek verstaan dit werklik nie.

    En so is dit ook met VIDA in die GKSA. My verwagting is dat by die spesiale sinode van later vanjaar dit vir die GKSA dieselfde gaan wees. Miskien is my persepsie heeltemal verkeerd. So sien ek dat daar ‘n kerkraad is wat nou op kerkregtelike gronde die spesiale sinode wil afwys maar hulle wil nie die helder en duidelike uitsprake in die Skrif oor VIDA aanvaar nie.

    Hier is ‘n skakel na gebeure wat tans in die PCA afspeel. En daar sien ons maar dieselfde:

    http://theaquilareport.com/grateful-and-grieved-my-goodbye-to-the-pca/?utm_source=All+Subscribers&utm_campaign=413d07d027-The+PCA+Has+Failed+to+be+Meaningfully+Confessional&utm_medium=email&utm_term=0_af56a5424f-413d07d027-50400801&mc_cid=413d07d027&mc_eid=22f74493a5

    Groetnis

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s