(2) Prediking moet Christus en sy kruis voor ons oë afskilder

Paulus het in sy prediking Jesus Christus voor die Galasiërs se oë afgeskilder as onder hulle gekruisig (Galasiërs 3:1).

Calvyn maak in hierdie verband ‘n uitermate belangrike opmerking: So ‘n voor oë stel van Christus deur die prediking – dit kom nie deur welsprekendheid en ‘n goeie voordrag nie, maar net deur die krag van die Heilige Gees. Wie behoorlik die evangelie wil verkondig, moet nie alleen leer praat (voordra) nie, maar as dominees die evangelie regtig goed wil preek, moet hulle die mense se gewetens so aanspreek en binnedring, dat hulle die gekruisigde Christus sien en die vergieting van sy bloed voel. As die gemeente sulke skilders het, het hulle nie meer dooie beelde van hout en klip nodig nie. Calvyn wys daarop dat die beelde en skilderye die kerk ingekom het, toe die herders stom en koud en flou geword het en slegs terloops op die preekstoel gepraat het.

Calvyn se opmerking oor die werk van die Heilige Gees in die prediking en in die hoor van die prediking is van die grootste belang. Dit is so nodig dat ons sal bid dat God deur sy die Heilige Gees in die prediking werksaam sal wees en ons Jesus Christus en sy kruis in al sy heerlikheid en rykdom sal laat sien. Die Heilige Gees is die Een wat dominees goeie skilders maak. Die Heilige Gees is ook die Een wat lidmate oë moet gee om die mooi skildery te kan sien en te kan waardeer. Blindes kan ‘n skildery nie sien en waardeer nie. Daarom moet ons voortdurend bid dat die Heilige Gees ons die oog van die geloof sal gee, sodat ons met verwondering sal kyk na wat Jesus Christus en Hy alleen deur sy kruis gedoen het om ons te red.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s