Die geboorte van die eerste Fariseër deur die woord van die slang en sy dood deur die Woord alleen

In Genesis 3 hoor ons van die geboorte van die eerste Fariseër.

Die slang lê in die mens se hart die begeerte om soos God te wees deur goed en kwaad te ken. Dit beteken: die mens wil self beslis oor reg en verkeerd, hy wil sy lewe en sy saligheid in sy eie hand hê. So

Nou moet ons goed besef: Dit is die Fariseër in elkeen van ons, want toe Adam geval het, het ons saam met hom geval en toe hy ‘n Fariseër geword het, het die ganse mensdom Fariseërs geword (Rom 5:12-21). Paulus noem hierdie Fariseër in ons die ou mens.

Die Fariseër of ou mens is gebore deur te luister na die woord van die slang. Sedertdien wil en kan die mens nét na die woord van die slang luister. So lyk die héle mensdom, die ou mens of Fariseër in ons almal sedert Genesis 3.

Die ou mens of Fariseër in ons kan nie en wil ook nie na die die Woord luister nie. Dit staan absoluut vyandig teenoor die vleesgeworde Woord, teenoor Christus. Dit wil van genade alleen, van Christus alleen niks weet nie (Gal 1:11).

Die Fariseër is nie ‘n mooi mens nie. Die ou mens kan beskryf word met woorde soos haat teenoor God en medemens, selfsug, selfliefde.

Die ou mens word gebore deur die woord van die Satan. Daarteenoor sterf die Fariseër en word die nuwe mens gebore deur die Woord van God. Die kruis van Christus is die sterfbed van die ou mens Rom 6:6), die opstanding van Christus is die geboorte van die nuwe mens (Rom 6:8-11).

Die wêreld – en óns -sal net anders word deur die Woord.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s