Accordance 11 – resensie van ’n skitterende Bybel program

Accordance 11

Resensie Dr AH Bogaards

‘n Groot ontdekking

‘n Paar jaar gelede het ek op die Bybel program Accordance afgekom. Dit was op my iPad.

Dit was ‘n demo-weergawe, maar ek het dadelik gesien: Hier is ‘n baie besondere program.

Ek het met my PC op die Internet na die program gaan soek, maar groot was my teleurstelling toe ek sien dat dit net vir Mac geskryf is.

Met die koms van Accordance 10 het die wonder egter gebeur: Die programmeerders het Accordance ook vir Windows geskryf en hulle het ‘n skitterende werk daarvan gemaak.

Accordance is nie maar net nog ‘n Bybel program nie.

Die Accordance was so vriendelik om my ‘n groot pakket van Accordance, die Essential Collection, te gee om te resenseer. Dit is ‘n groot geskenk – en ‘n groot voorreg om hierdie besondere program bekend te stel in Suid-Afrika.

The Accordance Philosophy

Ek wil begin met die Accordance Philosophy.

In ‘n video http://www.accordancefiles2.com/podcasts/p16_accordancephilosophy.m4v verduidelik hulle hulle filosofie: wie hulle is, wat hulle doen en waarom.

Onder andere word daar gesê dat die programmatuur maklik verstaanbaar moet wees, die behoeftes van professionele gebruikers moet aanspreek, aanpasbaar moet wees by almal se behoeftes en dat dit nooit die aandag van die teks self moet aftrek nie.

Verskillende pakkette (collections)

Daar is verskillende pakkette of collections beskikbaar. Om te sien wat elke pakket bied en wat dit kos, kan u ‘n pdf-lêer by hierdie adres aflaai: http://www.accordancebible.com/content/common/common.download_file.php?action_special=download_file&sid=4b8262fd967cf1b82c24b9fc5cd681fa&download_file_path=files/documents/154547.pdf&download_file_title=Accordance+11+Collections+Comparison.pdf

Die prys wissel van $59.90 vir die Starter Collection tot $1,999.00 vir die Ultimate Collection.

Predikante kan verkieslik begin met die Original Language Collection van $299.00. Hulle sal egter wel die groot Hebreeus woordeboek Koehler-Baumgartner Hebrew & Aramaic Lexicon (HALOT) en die belangrike Greek-English Lexicon of the New Testament Fredrick William Danker (BDAG) moet bykoop teen $299.99.

Boeke kan ook los bygekoop word.

Iets vir almal: lidmate en teoloë

Accordance kan met groot vrug ook deur nie-teoloë gebruik word. Selfs al het u nie kennis van die ou tale nie, kan u nogtans deeglike Bybelstudie met Accordance doen. Vir lidmate wat nog dieper wil studeer, is daar die Bible Studie Collection van $199.00.

Teoloë het ‘n rykdom van bronne tot hulle beskikking: al die belangrike Griekse en Hebreeuse Woordeboeke en Bybeltekste en ‘n massa ander boeke.

Spoed, deeglikheid en eenvoud

Accordance het soos Logos ‘n groot aantal woordeboeke, kommentare, monografieë, atlasse ens. Al het dit miskien nie so baie boeke soos Logos nie, staan dit in moontlikhede en kragtigheid niks agteruit vir Logos nie. Die biblioteek is buitendien besig om teen ‘n groot spoed te groei en die beste werke is daar.

Accordance is boonop veel vinniger en meer gebruikersvriendelik as Logos.

As ek vandag moes begin met ‘n Bybel program en moes kies tussen Logos en Accordance, sou ek nie twyfel nie: Accordance sal my eerste keuse wees.

Vir die wat meer wil weet

Vir diegene wat meer van Accordance en sy baie moontlikhede wil weet, is daar ‘n massa video’s beskikbaar.

U kan maar net gaan kyk na hulle podcasts, Lighting the lamp, by http://www.accordancebible.com/Lighting-The-Lamp-Podcasts

Probeer dit eers – try before you buy

As u eers ‘n bietjie rond wil kyk in die program self, kan u ‘n ten volle werkende demonstrasie-weergawe aflaai en die program toetsbestuur. Dit kan hier afgelaai word: http://www.accordancebible.com/Free-Trial-Demo/

Studie van die oorspronklike tale

Vir my die belangrikste

Vir my as teoloog is die studie van die Grieks en Hebreeus die belangrikste. Daarin lewer Bybel sagteware soos Accordance ‘n besondere bydrae.

Wat Accordance hierin bied, is indrukwekkend: super-kragtige soek moontlikhede, vergelyking van tekste, ens.

Aangesien Hebreeus my groot belangstelling is, gaan ek veral daarop konsentreer. Ek sal my egter moet beperk tot enkele interessante moontlikhede, want ‘n mens sal maklik ‘n paar boeke oor Accordance en sy moontlikhede kan skryf.

Woordeboeke

As ek in die Hebreeuse Bybel met my muispyl op ‘n woord gaan staan en regskliek, kan ek die woord dadelik opsoek in die woordeboek van my keuse. Die teks waarin die woord staan, word ook in rooi in die woordeboek aangedui, byvoorbeeld Psalm 110:1. Dit vergemaklik die opsoek van die presiese betekenis van die woord.

Dit is maklik om rond te blaai tussen die woordeboeke wat jy het en om so te sien hoe verskillende woordeboeke die woord verklaar.

Dit is egter nie al nie. Ek kan ander Hebreeuse woordeboeke aan my hoof woordeboek link. As ek dan trippel-kliek op ‘n Hebreeuse woord, gaan ook die ander Hebreeuse woordeboeke by die betrokke woord oop.

Hier is ‘n voorbeeld:

Ek het die The Dictionary of Classical Hebrew van David J.A. Clines vir my bygekoop. Dit was een van die redes waarom ek Accordance so graag wou hê, want dit is tans die enigste program wat hierdie puik woordeboeke het.

Super-kragtige soekmoontlikhede

Accordance maak op skitterende wyse gebruik van die kragtige moontlikhede van Windows. Deur net te regskliek op ‘n woord, kan jy die lemma, verbuigde vorm of stam van die woord opsoek.

Jy het die moontlikheid om jou soektog te beperk, byvoorbeeld tot die Psalms. Jy kan vir woorde, kombinasies van woorde of frases soek – die soekmoontlikhede is onbeperk.

‘n Mens kan in verse soek, maar ook in hoofstukke en paragrawe. Ek sal ‘n voorbeeld noem. As ek ‘n soektog doen na waar die woorde power en mercy in die Psalms in die KJV saam gebruik word, lewer dit net een vers op, naamlik Psalm 59:16. Dit is wanneer die soektog ingestel is op verse. As ek die soektog egter so instel dat dit die woorde binne paragrawe of binne ‘n hoofstuk moet vind, kom jy tot die resultaat dat die twee woorde baie meer saam in spesifieke Psalms voorkom.

Die resultate van die soektogte kan in analises of grafieke bekyk word – indrukwekkend en baie belangrik vir die eksegese.

Met die Hebrew Construct Tab kan verskillende grafiese soektogte gedoen word: woorde, sintaksis (woordorde, sinne, frases) ens. Die Hebrew Construct Tab bied ‘n gebruikersvriendelike moontlikheid om verskillende grafiese soektogte te doen. Dit is die beste en maklikste wat ek nog gesien het.

So lyk die Hebrew Construct Tab:

Dinamies Interliniêr

Die dinamies- interliniêr funksie van Accordance is regtig wat die naam sê: dinamies, kragtig.

Verskillende vertalings kan interliniêr rangskik word byvoorbeeld die Hebreeuse teks, die Septuagint en die KJV en ESV. Dan sien jy dadelik hoe die KJV, ESV en Septuagint die Hebreeuse teks vertaal.

Interliniêr kan ook die lemma, die sintaksis, Strongs se sleutel en nog meer weergegee word.

Hier is ‘n voorbeeld:

‘n Indrukwekkende help en ondersteuning

Ten slotte moet nog genoem word dat Accordance se ondersteuning en hulp in die gebruik van die program indrukwekkend is. Die adres daarvan is http://www.accordancebible.com/Support

Accordance se Lighting the Lamp podcast series bied 10-15 minute opleidingsvideo’s. Dit dek die basiese en meer gevorderde eienskappe en funksies van Accordance.

Onder Lighting the Lamp podcast series word daar ‘n reeks video’s vir nuwe gebruikers uitgekies en aanbeveel.

Met hulle live webinars gee kenners van accordance aanlyn klasse

Volledige videos van sulke webinars is beskikbaar en ‘n moet om na te kyk.

Verder is daar interactive courses, training seminars, en documentation.

En nog is dit nie die einde nie. ‘n Mooi Help bied ‘n databasis wat op alle funksies van Accordance ingaan en dit verduidelik.

Verder is daar ‘n blog en ‘n forum, waar wenke gekry en vrae gestel kan word.

Simply brilliant

Simply brilliant – so beskryf Accordance hulle program en daarmee is beslis nie te veel gesê nie. Dit is ook hoe ek Accordance ervaar.

Ek kan hierdie program sterk aanbeveel.

2 thoughts on “Accordance 11 – resensie van ’n skitterende Bybel program

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s