Die poort van die hemel is baie wyd, maar ook baie laag

Iemand het op ‘n keer gesê:

  • Die poort van die hemel is so wyd, dat die grootste sondaar daar kan ingaan;
  • die poort van die hemel is so laag, dat ons net op ons knieë, dit wil sê deur die gebed, daar kan ingaan.

Laat ek dit verklaar:

  1. Ons moet nooit dink dat ons sondes te groot is om vergewe te word nie. Ons bely immers: Hierdie dood van die Seun van God is die enigste en volmaakte offer en voldoening vir die sondes. Sy dood is van oneindige krag en waarde, oorvloedig genoeg om die sondes van die hele wêreld te versoen. (Dordtse Leerreëls 2:3; vgl Joh 14:6, Hand 4:12, Heb 10:14)
  2. Tog sal ons net biddend daar in kan gaan: biddend om vergifnis van ons sondes deur die bloed van Christus. Biddend – dit wil sê in absolute afhanklikheid van die verlossingswerk van ons Here Jesus Christus. Gebed is die leë hande van die bedelaar, wat uitgesteek word na God toe om gevul te word met die rykdom van Christus. (HK 45:116, Mt 7:7,8)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s