Die Woord alleen, Christus alleen – teorie én praktyk?

Ons as Gereformeerdes het baie mooi beginsels: die Woord alleen, Christus alleen, ensovoorts.

Daarmee bely ons gelowig:

  • nét die Woord, nét Christus kan my hart, my kind se hart, die kerk, die samelewing verander;
  • die keersy is: ek as mens, my woorde, my dade, my geld – dit kan heeltemal níks doen nie.

Dit is die teorie – en dit is inderdaad ‘n Skrifgegronde teorie.

Maar is dit ook ons praktyk? Is Christus en sy Woord die heel enigste?

Ek noem ‘n paar voorbeelde uit die praktyk:

  • ons probeer met ons lyftaal mense, mede-gelowiges, ons kinders, mense buite die kerk verander;
  • ons probeer met ons woede en met ons emosies mense verander;
  • ons probeer met ons skerp woorde en kras taal mense omkeer;
  • ons probeer deur ons aksies (wegloop, wegloop uit die vergadering, wegloop uit die kerk) mense forseer om te doen wat ons wil hê;
  • ons probeer met ons geld, ons bydraes, mense en vergaderings verander;
  • ons probeer deur te stem – óns stem – óns wil afdwing;
  • ons probeer deur ‘n vooraf en dikwels ondergrondse gekonkel ons wil deurdryf.

In die praktyk probeer ons aanhoudend om sonder die Woord en sonder Christus mense en dinge te verander.

Dít is ons praktyk – ons Woord-lose en Christus-lose praktyk.

In plaas dat ons nét die Woord verkondig, nét Christus bring.

En, ja, om dit dan biddende oorgee in die Here se hande en gelowig wag op sý Woord en op sý tyd. Ja, ook dit moet deel wees van ons praktyk.

Ja, en dan sal ons ook nog die tyd bepaal wanneer God iets moet doen en wanneer ons voel dat ons genoeg gedoen het en dat daar genoeg tyd verloop het.

Dit is maar gelukkig – nee, genade – dat God nie so min geduld met ons het as wat ons met ons medemens het nie.

Ons moet weet: in die praktyk toets God ons ook deur nie dadelik sy Woord tot kragtige werking te laat oorgaan nie. Hy toets ons om te sien of ons werklik glo in sy Woord alleen en in sy Christus alleen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s