Super-oorwinnaars, super-verslaandes

Psalm 20 is ‘n gebed vir die koning as hy optrek in die stryd.

In vers 2 tot 5 word daar tot die HERE gebid

In Psalm 20:6 jubel die Psalm: Ons wil juig oor u (die koning se) oorwinning en die (oorwinnings-) vaandels opsteek in die Naam van onse God.

Wat so merkwaardig is aan hierdie woorde, is die feit dat die oorwinning nog nie behaal was nie. Vers 6 stel dit egter asof dit reeds ‘n feit is, asof die oorwinning reeds geskiedenis is.

By die oorwinningslied van Psalm 20:7 skryf Luther: “Slegs die geloof wat hom op God verlaat, kan die triomflied vóór die oorwinning sing en ‘n vreugdegeroep aanhef vóórdat die hulp opdaag …”

In Romeine 8 kry ons presies dieselfde. Romeine 8:31-39 is ‘n oorwinningslied, terwyl die stryd nog aan die gang is en dit eintlik lyk asof die gelowiges die stryd verloor. In vers 35 en 36 hoor ons immers van verdrukking, benoudheid, vervolging, honger, naaktheid, gevaar en swaard. In vers 36 haal Paulus Psalm 44:12 aan: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.

Tog is dit die waarheid: die oorwinning is ‘n feit. In vers 37 skryf die apostel: Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.

Ons is meer as oorwinnaars. Ons kan dit vertaal: super-oorwinnaars, volkome oorwinnaars.

Hoe kan Paulus dit sê as dit juis lyk asof die kerk verloor? As sinodes nie luister na die getuienis van gelowiges uit die Skrif nie, as God se gelowige volk bespot word, ensomeer? As dit lyk asof die super-verslaandes die super-oorwinnaars is?

Die antwoord gee die Here self in Romeine 8:37. Dit lê in die woorde deur Hom wat ons liefgehad het. Deur die Vader in sy Seun. Aan die kruis en met sy opstanding is duiwel, wêreld en sonde reeds verslaan.

Hierdie oorwinning deur Hom wat ons liefgehad het is daarom ‘n feit. Daarom: Ons wil juig oor Christus oorwinning en die (oorwinnings-) vaandels opsteek in die Naam van onse God.

Dit is ‘n feit, maar dit is ook ‘n geloofs-feit. Ons moet glo dat Christus die oorwinning reeds behaal het.

Ons moet ook onthou dat die oorwinning net deur Hom is. Deur Hom alleen is ons meer as oorwinnaars.

Dit moet ons glo in hierdie tyd waarin mense nie meer wil luister na die duidelike Woord nie en dit so moeilik word vir hulle in die kerk, wat wel gehoorsaam wil luister na die Woord. Danksy die oorwinning mag ons met alle sekerheid weet: niks sal ons kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie. (Romeine8:38-39) Dit is ons troos en sekerheid in hierdie tyd.

Deur Hom alleen – superoorwinnaars.

Deur Hom alleen sal ons staande bly en triomfeer. Die waarborg lê in sy Woord alleen. Welgeluksalig is almal wat by Ons Here Jesus Christus skuil! (Psalm 2:12). Hierdie woorde van Psalm 2:12 beteken: Welgeluksalig is almal wat op Hom vertrou en onder sy Woord buig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s