Ons tong verraai ons

Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond. (Luk 6:45)

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor, sê ons.

Ons tong verraai ons karakter, skryf Spurgeon.

En dan verduidelik Spurgeon wat hy bedoel. Op ‘n keer het die filosoof Sokrates vir ‘n seun gesê: “Praat, sodat ek jou kan sien” (AHB: sodat ek
uit jou woorde kan sien wie en wat jy is). Uit die klank van ‘n klok kan ons die heel beste vasstel van wat se metaal dit gemaak is. Voëls openbaar hulle natuur deur hulle sang. Uile byvoorbeeld kan nie die lied van ‘n leeuwerik sing nie en ‘n nagtegaal kan nie hoe-hoe soos ‘n uil nie. Laat ons daarom ons woorde weeg, sodat ons spraak nie wys dat ons nie kinders van God is nie.

Calvyn noem die tong die portret van die verstand.

Die karakterskets wat die Bybel van ons almal gee soos ons deur die sondeval geword het, is nie mooi nie: Hulle keel is ‘n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe. (Rom 3:13) So lyk ons karakter, die karakter van ons ou mens, soos ons deur die sondeval geword het.

Hoe kan ons ons hart verander, sodat ons mond goeie woorde voortbring? Ons kan dit nie doen nie. Psalm 51:12 gee die oplossing. Daar bid Dawid: Skep vir my ‘n rein hart, o God. God alleen kan dit doen. Heel spesifiek word die woord skep gebruik – dieselfde woord as in Genesis 1. Dit gaan om ‘n skep uit niks nie en ‘n skep deur te spreek, deur die Woord.

Waar ons eers ‘n hart van klip, ‘n hart oorvloeiend van sonde, gehad het, skep Hy uit niks – ‘n hart met niks liefde nie – ‘n hart vol liefde. Dit doen God soos aan die begin: Hy skep deur die vleesgeworde Woord, Christus, ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s