Net die Woord kan die Woord verklaar

Daar word nogal aansprake gemaak oor die belangrikheid van byvoorbeeld die argeologie en kennis van die kultuur van die Bybellande om die Bybel te kan verklaar.

Dit is ‘n baie gevaarlike opvatting. Ek noem 2 redes:

  1. As dit regtig waar is, kan ‘n lidmaat die Bybel nie verklaar nie en ook nie verstaan nie. Dan is ons terug by die Roomse Kerk, waar die kerk tussen die Bybel en die lidmaat instaan. Die lidmaat moet dan by die teoloog hoor wat die Here sê.
  2. Dit is ‘n belediging vir God, want daarmee maak ons asof God nie die Bybel kan verklaar sonder die hulp van mense, van  wetenskaplikes nie.

Dit was egter deur die eeue heen die geloof dat die Bybel sy eie Uitlegger is. Skrif-met-Skrif-vergelyking noem ons dit. Deur te luister na ander tekste (na die stem van die Here Jesus Christus, ons hoogste Leraar), verklaar ons Leraar Self sy eie Woord vir ons.
Hy het ook belowe dat Hy dit sal doen. Wie maak asof die wetenskap noodsaaklik is, plaas n vraagteken agter die betroubaarheid van hierdie belofte.
Net die Woord alleen is heeltemal genoeg om die Woord te verklaar. Daarom moet die Woord aan die Woord kom in Skrifverklaring.
Die Woord is volmaak, mense nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s