‘n Meningspeiling: die wet 100%, die kruis 0%

Ek het ‘n (denkbeeldige) meningspeiling gaan hou – in die behoudende, gereformeerde kerke of hoe u hulle ook al wil noem. Menigspeilings is mos aan die orde van die dag.

Gereformeerdes moes stem: die wet of die kruis.

Die uitslag was vir my ‘n enorme skok: : die wet 100%, die kruis 0%.

Ek kon dit nie glo nie en ek kon die uitslag nie aanvaar nie, totdat – totdat ek soos Asaf vanouds (Psalm 73) die heiligdom van God ingegaan het.

Daar in die heiligdom van God het ek hierdie Woord van Galasiërs 1:11 gehoor: Die evangelie is nie na die mens nie. Die mens wat ter sprake is, is die mens in die algemeen. In Galasiërs 1:11 word al die mense, gereformeerd en ongereformeerd, liberaal en konserwatief, op een hoop gegooi. Almal is uit dieselfde hout gesny. Almal stem teen die evangelie en vir die wet.

Die evangelie is nie na die mens nie. Dit beteken: Dit is nie na ons smaak nie; dit gaan teen ons grein in; dit takel ons ego af … ons het dit nie nodig nie.

Anders gesê: Ons stem in dat ons sonder die evangelie en met die wet alleen verlos kan word en ons lewe heel kan maak.

Miskien sê u dit nie en tog is dit die werklikheid. As jy na die werklikheid gaan kyk, sien jy hoe min die evangelie ‘n rol speel in die kerk:

  • Mense het vir alles en nog wat aandag – maar nie vir die evangelie nie;
  • Mense bestudeer alles – maar nie die evangelie nie.

Dit verstom my hoe geleerdes en nie-geleerdes in die kerk lang diskussies – jare lange gesprekke – kan voer oor allerhande vraagstukke soos aborsie, genadedood, ens. Hulle het geweldig baie kennis – kennis van die wet. Hulle doen baie moeite met kennis – kennis van die wet.

Ja, hulle het baie kennis van die wet. Die wet kry 100%. Maar aan die evangelie word weinig aandag gegee. Die evangelie kry ‘n ronde nul.

Dit is ‘n hartseer werklikheid dat mense studeer oor allerhande etiese onderwerpe – maar kennis van die kruis, hulle kennis daarvan kan jy op ‘n posseël skryf.

Waarom is dit so? Omdat die evangelie nie na die mens is nie.

Wat ook so erg is, is dat ons met ons lewensrapport in ons hand staan: evangelie 0%. Maar dan kyk ons na ander se lewensrapport waarop dieselfde staan en ons sê vir hulle: Waar is Christus in jou lewe; waar is Christus in jou Bybelvertaling; waar is Christus in jou teologie?

Dit is ‘n hartseer werklikheid dat mense nie daarin belangstel om die evangelie van die kruis en opstanding van Christus bestudeer en opbou en uitbou nie. Met die wet doen ons 100% moeite – maar die evangelie kry 0%.

Hoekom? Ons het die evangelie nie nodig nie, die wet is genoeg.

Totdat God ons oë open …

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s