(1) Die Psalms van Christus

Die Liedboek oor Christus en geskryf deur Christus

Die titel Die Psalms van Christus is doelbewus so geformuleer.

Daarmee wil ek sê: Die Psalms is die Liedboek wat geskryf is deur Christus
en dit handel oor Christus
.

  1. Christus is die Skrywer van die Psalms. Die Psalms is van Hom afkomstig. In die boek van die Psalms het ons die volmaakte Liedboek, die Liedboek deur Christus self geskryf. Dit is immers wat ons bely: Hy is ons hoogste Profeet en Leraar, wat aan ons die verborge raad en wil van God aangaande ons verlossing ten volle bekend gemaak het (HK 12:31). Daarom sê die groot kerkvader Augustinus: Jesus self is die Sanger in die Psalms. In die boek van die Psalms het ons die volmaakte, deur Christus self gegewe Liedboek.
  2. Christus is ook die inhoud en die agtergrond en die geheim van elke Psalm. Die Psalms gaan oor Hom.

Reeds in die Ou Testament is die Woord, Christus, aan die Woord in en deur die Woord.

Ook van die mense van die Ou Verbond het die Woord gegeld: “Ek (Christus) is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.” Hy is die weg van Psalm 1:6 en Hy is die Wet of Woord van Psalm , waarin die regverdige sy vreugde gevind het (Psalm 1:2). Nooit sou die boom van Psalm 1 ooit vrugte kon dra as dit nie deur die Woord in die Woord ingeplant was nie.

Hierdie oordenkings, Die Psalms van Christus, gaan oor meer te wees as maar net ‘n paar “boodskappe” vir elke dag. My bedoeling is om u te help in die verstaan en uitlê van die Psalms. Ek wil u laat sien hoe ryk en hoe mooi die Psalms is en hoe indrukwekkend die digkuns en die eenheid van die Boek van die Psalms is.

Dit gaan oor ‘n geloofsoortuiging, wat gegrond is op Skrif en Belydenis, wanneer ek sê: Die Psalms is die Liedboek wat geskryf is deur Christus en dit handel oor Christus.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s