Die doel van my blog: Vir my is my blog Christus

Kliek op hierdie skakel vir die reeks tot nou toe in PDF: Psalms van Christus Samevatting

Ek wil begin deur te sê hoekom ek dit absoluut noodsaaklik ag om my lewensdoel en die doel van my blog-lewe helder en duidelik uit te spel:

Dit het my oor die jare heen opgeval hoe kerkmense – teoloë en ook lidmate – hulle so besig gehou het met allerhande vraagstukke en beuselagtighede, dat Christus en die rykdom van sy verlossingswerk heeltemal buite die prentjie geraak het.

Oor verskillende sake kon mense baie sê, maar van Christus weet hulle niks nie. Oor die vrou in die amp, om nou maar een voorbeeld te noem, is boeke en boeke en poslyste en poslyste vol geskrywe. Ja, daarin het lidmate en geleerdes doktors en professore geword. Maar – die kruis het buite bespreking gebly en van Christus was daar geen kennis en geen groei in die kennis nie.

Aan alle kante het die kerk versand in ‘n hoop onvrugbare wettisisme en waardelose muggiesifterye – tot groot vreugde van die duiwel. Want ons mag maar wat die duiwel betref die Bybel ken, solank ons net nie Christus ken nie.

Maar dit ter wille van die agtergrond van hierdie skrywe …

Nou die doel van my blog: Vir my is my blog Christus.

In Filippense 1:21 skrywe Paulus: Want vir my is die lewe Christus.

Daarby wil ek aansluit wanneer ek die doel van my blog wil uitspel: Want vir my is my blog Christus.

Paulus wou Christus verkondig, Hom verheerlik.

In 1 Korintiërs 2:1-2: EN toe ek by julle gekom het … ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.

Daarmee sê Paulus wat die hart van sy bediening was: Jesus Christus en Hom as gekruisigde.

Om dit nou maar so te sê: Sy preke was Jesus Christus en Hom as gekruisigde; sy huisbesoek was Jesus Christus en Hom as gekruisigde; sy katkisasie was Jesus Christus en Hom as gekruisigde.

Dit is en moet ook my blog-lewe wees.

Daar is niks en niks wat ek liewer wil doen as om u die rykdom van ons heil in Christus te laat sien nie.

Daarom:

Ek wil nie in diskussies betrokke raak nie, doodeenvoudig omdat ek gesien het hoe dit ons aftrek van ons lewensdoel: Want vir my is die lewe Christus.

En daar is niks wat die duiwel liewer wil hê as dat ons ons aandag aftrek van Christus en sy kruis nie.

Ek neem my voor om niks anders op hierdie blog te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde. (vgl 1 Korintiërs 2:1-2)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s