(2) Die Psalms van Christus

Ons hoor Christus in ál die Psalms

Ons hoef nie ver te soek na Christus in die Psalms nie.

  1. Ons hoor ons sý stem, die stem van die goeie Herder, in élke Psalm.

Dit is heerlik vir die skape, ook die skape van die Nuwe Verbond, om na die stem van die Herder in die Psalms te luister. Die skape ken sy stem en erken sy stem in die spreke van die Psalms tot hulle en hulle volg sy stem in die Woord (Joh.10).

In die Psalms hoor ons die stem van die Herder van Psalm 23. In die Psalms hoor ons hoe Hy ons lei na groen weivelde en hoe Hy ons beskem in donker doodsvalleie. In die Psalms word die herderlike woorde – stem – van Psalm 23 gehoor.

  1. Christus openbaar Hom in ál die Psalms. Hy is inhoud en die agtergrond en die geheim van élke Psalm – ál 150 daarvan.

In die Psalms is daar sogenaamde Messiaanse Psalms. Messiaanse Psalms is Psalms wat so duidelik profeteer van verskillende aspekte in die lewe en werk van Christus. Dink maar net aan Psalm 110, wat verkondig dat Hy gaan sit het aan die regterhand van God.

Tog moet ons nie die fout maak nie: Dit is nie net sekere Psalms, wat van Christus spreek nie. Hy is die hart van elke Psalm. Geen Psalm kan sonder Hom verstaan word nie. Ek noem net enkele voorbeelde:

  • As Dawid in Psalm 32:1 jubel: Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is, dan juig hy oor die offer van Golgota;
  • Die roep om genade in Psalm 4:1 is ‘n roep om God se genade in Christus en ‘n smeking om genadige gebedsverhoring om Christus wil;
  • As Psalm 98:3 praat van die goedertierenheid (= genade, genadige liefde) en waarheid van die HERE, dan is dit die genade en waarheid van Christus in Johannes 1:14.
  • En so kan ‘n mens aangaan.

Elke Psalm is Immanuel – die Seun van God met ons met al sy verlossing en al sy liefde en al sy heerlikheid.

  1. Christus kom in die gewaad, in die kleed van die Woord na ons toe – ook die kleed van die Woord van die Psalms. Hý is die Woord, sê Johannes 1. Hy is nie net die vleesgeworde Woord nie, maar ook die Skrifgeworde Woord. Ons mag maar gerus sê: Hy is ook die Woord van die Psalms. Gekleed in die hoëpriesterlik-koninklike kleed van die Psalms kom Hy na ons toe.

Daarom is die Psalms so gelief vir elke gelowige. Dit is immers die Woord, Christus, wat daarin na my toe kom. Die Psalms is pure Evangelie, ‘n krag van God tot redding van elkeen wat glo (Romeine 1:16-17).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s