(3) Die Psalms van Christus

Die Psalms van Christus bedoel óók vir die kerk van die Nuwe Testament (1)

Regs-kliek en Save As om die hele reeks tot nou toe af te laai in een PDF: http://www.enigstetroos.org/pdf/BogaardsAH_PsalmsVanChristusSamevatting.pdf

Daar is diegene wat dink: Die Psalms – soos trouens die hele Ou Testament – is ‘n Joodse boek. Dit is Joodse liedere bedoel vir die mense van die Ou Testament. Ons egter as gelowiges van die Nuwe Verbond moet Nuwe Testamentiese liedere maak en sing – so meen hierdie mense. Die Psalms word steeds ongewilder en onbekender.

Die feit van die saak is egter dat die Nuwe Testamentiese Kerk bevel ontvang om die Psalms te sing.

Ek beperk my tot twee teksgedeeltes:

  • Efesiërs 5:18:-20: …word met die Gees vervul. Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here, terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus.
  • Kolossense 3:16: Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.

In Efesiërs 5 sowel as in Kolossense 3 kom dit as bevél tot die gelowiges van die Nuwe Verbond om die Psalms te sing. Die woorde psalms en lofsange en liedere kom uit die Griekse vertaling van die Psalms (Septuagint). Dit is verskillende woorde vir die Psalms. Soms word die Psalms psalms noem (vgl Ps 3:1; 5:1), soms lofsange (Ps 65:2; 40:4) en soms liedere (al die bedevaartsliedere, Ps 121-134). Soms word een Psalm in die Griekse Vertaling selfs met aldrie die woorde beskryf, byvoorbeeld Psalm 67:1) en Psalm 76:1.Ook die uitdrukkings tot eer van die Here, sing en Psalmsing kom by herhaling in die Psalms voor. Die teksgedeeltes (Efesiërs en Kolossense) dus is deurdrenk van Psalmtaal, sodat ons nie hoef te twyfel nie: Die woorde psalms en lofsange en liedere verwys na die Psalms.

Die Psalms het volgens hierdie twee teksgedeeltes ‘n dubbele gerigtheid of funksie:

  • Ons Psalmgesang is gerig op
    mekaar. Daarmee spreek ons met mekaar (Efesiërs) en leer en vermaan ons mekaar (Kolossense 3). Ons Psalmgesang het ‘n opbouende funksie.
  • Ons Psalmgesang is tweedens gerig op
    die Here: Dit is tot eer van die Here.

Dit is baie belangrik om te wys op die woorde wat voorafgaan aan die bevel tot Psalmgesang: Word met die Gees vervul (Ef 5) en Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid (Kol 3). Dit wys ons hoe ons tot Psalmgesang kom: deur Christus en sy Gees. Die twee, word met die Gees vervul en laat die woord van Christus ryklik in julle woon is nie in teëspraak met mekaar nie. Ek kan dit so sê:

  • As ons met die Gees vervul is, woon die woord van Christus ryklik in ons en
  • as die woord van Christus ryklik in ons woon, is ons met die Gees vervul.

Die Gees is die Gees van Christus en Hy doen niks liewer as om Christus na ons toe te bring en in ons te laat woon nie.

Dit is ook besonder veelseggend dat die inwoning van Christus ons tot Psalmgesang bring. Dit laat ons sien waaroor die Psalms gaan: oor Christus. Die mikpunt van die Psalmgesang is sodat die gemeenskap van gelowiges sal groei in Christus – ook dit laat ons sien wat die inhoud van die Psalms is.

Kom ons vat dit so saam:

  • Christus bring ons tot Psalmgesang en
  • Christus bring ons deur Psalmgesang tot groei in Hom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s