Genade-haat tot ewig-sterwens toe, genade-liefde tot ewig-lewens toe

Jona kon dit nie vát dat God Nineve genadig was nie. Hy was warm daaroor, hy het gebrand daaroor (so staan dit letterlik in Jona 4:1). In goeie Afrikaans sou ons sê: Dit het hom warm onder die kraag gemaak, Hy het gekook van woede. Hy het gegloei van haat en dit – dit oor, ja, dit oor wat die HERE gedoen het, oor die HERE se genade.

Hy het die genade só gehaat, dat hy tot God gebid het: Ag, HERE, het ek dit nie gedink terwyl ek nog in my land was nie? Daarom het ek tevore na Tarsis gevlug; want ek het geweet dat U ‘n genadige en barmhartige God is, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil. o HERE, neem dan nou tog my siel van my weg, want dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.

  • Die ou mens in ons wil sterf van haat oor God se genade.
  • Die nuwe mens in ons wil lewe vir Hom lewe oor sy genade.

Dit is die teenstelling tussen die ou mens en die nuwe mens:

  • Die ou mens: genade-haat tot sterwens toe;
  • Die nuwe mens: genade-liefde tot lewens-liefde toe … lewe vir Christus, lief wees vir Christus.

Ja, en dit moet ons nooit vergeet nie: … Die nuwe mens in ons word lewend deur lewegewende genade.

Ja, dit is lewe vir Christus deur die genadige kruis-en-opstanding-liefde van Christus. Daardeur word die liefde gebore, gewek: deur Christus se liefde alleen, deur genade-liefde van God alleen. En só, deur Hom:

so sal die liefde (God se liefde in Christus) liefde (in ons) wek (Psalm 133:1 – Totius)

Dit is nou die kontras tussen die ou mens en die nuwe mens in ons:

  • Genade-haat;
  • Genade-liefde.

Samevattend:

  • Genade-haat uit die haat-hart van die ou mens is tot die ewige dood toe … genade-haat tot ewig-sterwens toe
  • Genade-liefde uit die liefde-hart van die nuwe mens is tot die ewige lewe toe … genade-liefde tot ewig-lewens toe.

En

  • Jona se gebed in Jona 3 is ‘n lofpsalm.
  • Sy gebed in hoofstuk 4 is ‘n klaaglied.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s