Die almag van die HERE die skild van die strydende kerk

Wat die kerk en die kerklike lewe in ons dae betref kan ons sê: Ons leef in die nag, in die donker nag van die eindtyd. Oral is daar agteruitgang: kerke krimp en dwalings neem toe. Die aanslag teen die kerk is bo-menslik groot.

Maar juis daarom is die boek Sagaria so troosryk: Dit is ‘n lig in die donker nag. Hy laat die kerk onder druk sien: Die Here Jesus Christus is by hulle. Hy troos die kerk deur hulle daarop te wys Wie en Wat Gód vir hulle is. Dit is die ware troos: om die kerk se aandag op God te vestig.

Hierdie troos van Sagaria het hierdie boek besonder geliefd gemaak by die Reformatore.

Calvyn byvoorbeeld beskou Sagaria as uiters geskik vir ons tyd. Want hy skryf: Ons sien hoe die duiwel sy magte mobiliseer; ons sien hoe die hele wêreld saamsweer teen die kerk, (hoe die hele wêreld saamspan) om die uitbreiding van die koninkryk te stuit. As ons daaraan dink hoe ontsaglik groot die probleme is, wat ons as kerk konfronteer, wil ons beswyk. Maar laat ons dan dink aan Sagaria: Dit is nie ‘n nuwe ding is dat die vyande groter as die berge lyk in grote is nie. En laat ons (in die lig van Sagaria) daaraan dink: Die HERE is by magte om die hoë berge tot ‘n gelyke vlakte te maak – so staan dit in Sagaria 4:7. Hierdie almag van die HERE – dít is ons skild en met hierdie skild kan ons enige groot probleem, waarmee die Satan ons probeer verskrik, afweer. Toe Serubbabel nie instaat was om iets te doen nie, het die HERE ‘n groot berg tot ‘n gelykte gemaak. So sal dit ook in ons dae wees: hoe astrant ook al die groot getal teenstanders Christus weerstaan in die werk om ‘n geestelike tempel (die kerk –AHB) vir die Vader te bou, al hulle pogings sal verniet wees.

Ja, die aanslag teen die kerk is baie groot en kragtig, maar die kerk het meer: die almag van die HERE as skild. Wat ‘n beskerming!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s