(26) Die Psalms van Christus

Psalm 6 (1): Die eerste van sewe Boetpsalms

KLIEK HIER om ‘n samevattende PDF-dokument van ALLE oordenkings van die Psalms af te laai

In die Boek van die Psalms is daar 7 Psalms wat al vir eeue bekendstaan as Boetpsalms.

Psalm 6 is die eerste in die ry. Die ander ses Boetpsalms is Psalms 32, 38, 51, 102, 130 en 143.

‘n Boetpsalm is ‘n Psalm waarin ‘n bekeerde sondaar met sy hemelhoë skuld na God toe gaan: Dáár – voor die HERE – bely hy sy ontsaglike groot sondes. Maar Boetpsalms is óók Psalms waarin die sondaar tot die HERE roep om sy vergifnis. Die Psalmdigters bely hulle kleinheid en jubel oor die grootheid van God se genade – tot eer van God alleen en van sy Lam.

Dit alles sien ons ook so mooi in Psalm 51. Dit is die Psalm wat Dawid gedig het na sy sonde met Batseba. Toe het die HERE hom deur sy profeet Natan en deur die krag van sy Woord oortuig en Dawid het bely: Ek het teen Ú ootree en nie maar net teen mense nie. Toe het Dawid geroep, toe het hy gepleit om God se genade en barmhartigheid, toe het hy gebid dat die HERE uit genade sy sondes nie sal straf nie.

Bid u dit ook: HERE, my sondes is só groot, ek het u genade só nodig? Vergewe my hemelhoë skuld alleen om Christus wil.

Die negentiende eeuse teoloog HF Kohlbrugge het ‘n reeks preke oor Psalm 51 gehou. Wat hy daar aan die begin van sy preek oor Psalm 51 skryf, sal ek nooit vergeet nie. Hy skryf naamlik: Psalm 51 staan bekend as ‘n Boetpsalm. En, sê hy, Psalm 51 kan maar die naam behou. Maar as ek die woorde van Jesus lees in Lukas 15 (vv 7,10) , in die gelykenis van die verlore skaap,as ek daar lees: so is daar blydskap in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer – as ek daaraan dink, verstaan ek waarom die Heilige Gees hierdie Psalm nie ‘n Boetpsalm noem nie, maar ‘n Psalm. Psalm beteken immers: ‘n loflied op God se genade. Want elke keer as die engele hierdie Psalm hoor, sê hulle: Wat ‘n koninklike lied! Hoe verheerlik hierdie klanke nie die ewige God nie!

Hierdie kommentaar van Kohlbrugge op Psalm 51 belig ook die ander Boetpsalms en dan ook Psalm 6. Daarom het ek dit as noodsaaklike inleiding op die komende stukke oor Psalm 6 geag.

Gebrek aan lofprysing op God se genadewerke het altyd alles te make met gebrek aan selfkennis, sondekennis. Genadekennis laat jou jubel. In die Boetpsalms gaan dit oor waaragtige sondekennis en genadekennis. Daarby breek die Evangeliewoord ons lippe daarvoor oop. Die Evangelie alleen laat en maak ons sing. Sonder Christus sal die Boetpsalms altyd onbegryplik wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s