Accordance nou my nommer een Bybelprogram

‘n Tyd gelede het die Bybelprogram Bibleworks die treurige nuus bekendgemaak, dat hulle nie meer verder gaan met die program nie. Bibleworks was altyd my gunsteling Bybelprogram.

Die goeie nuus is dat die skitterende program Accordance 2 dinge doen om gebruikers van Bibleworks tegemoet te kom:

1. daar is spesiale, baie goeie aanbiedings vir gebruikers van Bibleworks, wat die oorgang na Accordance wil maak. Dit is deur en deur die moeite werd om daarvan gebruik te maak;

2. verder het Accordance reeds begin om funksies van Bibleworks oor te neem, wat die oorgang na Accordance maklik en aantreklik maak.

Ek gebruik Accordance al ‘n hele paar jaar. Soos in die geval van Logos kan verskillende boeke en komentare aangekoop word. Accordance is egter baie vinniger en baie meer gebruikersvriendelik as Logos. Dit is ook nie naasteby so swaar op ‘n rekenaar as Logos nie.

Accordance is nou my nommer een Bybelprogram.

1. Gaan kyk na Accordance by http://bit.ly/2JN7x56.

2. Hier sal u die oorgangspakkete vir gebruikers van Bibleworks kan bekyk: http://bit.ly/2t5LY5v

3. Hier kan u ‘n gratis Accordance Lite Version aflaai om u ‘n gevoel te gee hoe hierdie program werk en lyk: http://bit.ly/2JZY49O

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s