Met jou dood neem jy niks saam nie

‘n Skatryk man het te sterwe gekom.

“Hy het seker baie nagelaat?”, sê iemand vir Spurgeon.

“Ja”, antwoord Spurgeon hom. “… alles”.

Alles! Hy moes alles agterlaat. Met jou dood neem jy niks met jou saam nie.

Iemand Anders is vir ‘n gelowige alles. Dit is so heerlik. Want verloor ons hier alles – al ons aardse besittings, ons gesondheid en nog baie meer – , het ons nog steeds alles, want ons het God.

Wie het ek in die hemel, HEER –

wie kan ek newens U begeer?

Wat het ek waar my hart, onrustig,

hom op die aarde=in kan verlustig?

Beswyk dan ooit in bitter smart

of bange nood my vlees en hart,

dan sal U wees vir my gemoed

my rots, my deel, my eewge goed. (Psalm 73:11)

Vir ‘n kind van God beteken sterwe: om heen te gaan en met Christus te wees en dit is verreweg die beste (Fil 1:23). Hy is alles.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s