(1) Die Naam Jesus: die betekenis van die Naam sigbaar uitgespel

Handelinge 3 vertel van ‘n kreupel man wat lê en bedel by tempel:

  • Hy is een van die baie, wat ly onder een van gevolge van die sonde: siekte.
  • Nee, hy is nie maar net een van die baie nie, maar hy is een van ons almal. Want almal van ons is sterwendes, want hierdie lewe is niks anders as ‘n gelydelike dood nie – sê ons Doopsformulier.

Na hierdie kreupele kom Jesus Christus. Immers, die boek Handelinge is ten diepste nie die handelinge van die apostels nie. Wie die boek Handelinge werklik leer verstaan het, weet: In Handelinge gaan dit oor die handelinge van die verhoogde Jesus. Ook in die geskiedenis van Handelinge 3 is Hy die Een wat handel.

Hy handel deur sy gesante, deur sy kerk. Petrus sê vir die verlamde: “In die Naam van Jesus Christus, die Nasasrener, staan op en loop”. Handelinge 3:6

In die Naam van – dit beteken baie meer as maar net: op gesag van.  In die Naam van beteken: Hier kom die  Naam Jesus in aksie, die Naam Verlosser. Die groot Handelende in Handelinge handel hier sigbaar. Al handelende is Hy besig om sy Naam toe te pas en uit te spel. Voor hulle oë sien die mense hoe sy Naam gestalte kry, bene kry, gesonde, salige bene,  in hierdie man met die gebrekkige bene, die deur die sonde gebreekte bene. Daarin openbaar Jesus sy Jesus-Naam. In hierdie wonder kan ons sien wat die Naam inhou.

En hierdie wonder doen Hy – óók om ons ontwil. Ja, ook vir ons in ons sondes en ons siektse en ons dood. Sodat ons sal sien dat Hy die Verlosser is en sodat ons ons sal laat troos deur hierdie Naam.

Nee, dit beken nie dat Jesus nou al alle gevolge van die sonde wegneem en alle siektes genees nie.

Hoe moet ons dan hierdie wonder sien? So:

  • Hiermee wil Jesus ons iets laat sien van die dag van sy wederkoms. In Handelinge 3 begin daardie wederkomsdag
    deurbreek.
  • Hierdie wonder wil vir ons ‘n waarborg en heerlike troos wees: Kyk, kyk, die dag kom sekerlik. Ja, want kyk, daar sien ons die dag alreeds in aantog. So seker is dit.

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s