Altwee voete op die Rots

Hulle wat nie op die Here alleen vertrou nie, vertrou glad nie op Hom nie. So skryf die Puritein John Trapp by Psalm 62:5 (“Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!”). Hy wat met sy een voet op ‘n rots staan en met die ander voet op dryfsand, sal sink en vergaan. Dawid het dit goed geweet en daarom sê hy: “Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.” (Psalm 62:3)

Glo die mense wat hulle saligheid en heil by die heiliges, by hulleself of iewers anders soek, ook in die enigste Verlosser, Jesus? So vra ons Kategismus in Sondag 11:30. En dan lui die antwoord:

Jesus is òf vir ons niks nie òf Hy is alles, sê ons belydenis: Slegs een van twee dinge is immers moontlik:

  • òf Jesus is nie ‘n volkome Verlosser nie,
  • òf die wat hierdie Verlosser met ‘n ware geloof aanneem, het in Hom alles wat vir hulle saligheid nodig is.

Dit is die twee moontlikhede. ‘n Middeweg is daar nie. Jesus is die enigste weg.

Waar kom mense soos Trapp en die opstellers van ons Kategismus daaraan om die saak so skerp te stel? In die Bybel:

In die Bybel. In Galasiërs 1:8-9 sê die Heilige Gees: Laat die wat by die verlossing van Jesus iets wil byvoeg ‘n vervloeking wees. En in Handelinge 4:12 sê Petrus: ” En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie“.

Dit is ‘n mooi belydenis. Maar hoe lyk dit in die praktyk van ons lewe met ons belydenis? Hoe probeer ons ons stukkende kerk, ons puin van ‘n samelewing, ons mislukte huwelik, die probleme met my kind oplos? Met die een voet op die Rots Christus en die ander voet op die dryfsand van menslike raad en wyshede?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s