(2) Abraham-dagstukke: Geboorte uit niks, danksy Christus alleen

Die kerk sal uit Abraham gebore word.

Maar dit kan net die HERE doen.

As dit van Abraham afgehang het, as dit van die mens afgehang het, sou daar nooit ‘n kerk gewees het nie. Want in Genesis 11 vers 30 staan daar: En Sarai was onvrugbaar, sy het geen kind gehad nie.

Daarmee word die doodstoestand van Tera en sy geslag geteken – ook dié van Aram. Ja, óók Abram was geestelik dood, morsdood. Want wie en wat was Abram voordat die HERE hom geroep het? Hy was ‘n afgodsdienaar. Dit sê die Skrif self in Josua 24:2: Oorkant die Eufraat het julle vaders van oudsher gewoon – Tera, die vader van Abraham en die vader van Nahor, en hulle het ander gode gedien.

Ons moet daarom goed verstaan: dat God Abram geroep het, was nie omdat hy soveel beter as al sy tydgenote was nie.

Die geheim van Abram se roeping word aan ons onthul in Jesaja 29 vers 22. Daar lees ons: Die HERE het Abraham verlos. Letterlik staan daar: vrygekoop. Dit is dieselfde woord wat gebruik word vir Israel se verlossing uit die slawehuis van Egipte (Eks 12 en 13).

  • Israel is vrygekoop uit die slawehuis van Egipte deur die bloed van die Paaslam. Christus se offer was die geheim van Israel se verlossing uit die slawehuis van Egipte.
  • Dit is ook die geheim van Abraham se verlossing uit die slawehuis van Ur. Ook hy is vrygekoop. In Christus se offer lê die geheim van die geboorte van die kerk.
  • Dit alles word óók op óns toegepas in 1 Petrus 1 vers 18 en 19: Julle weet dat julle nie deur silwer of goud losgekoop (vrygekoop) is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos. Vgl. ook Gal.4:4,5.

Calvyn sê by hierdie geskiedenis: God wil in Abram se persoon duidelik laat sien vanwaar en op watter wyse die kerk tevoorskyn gekom het. Want die kerk het op daardie stadium nog soos ‘n droë stomp onder die grond verskuil gelê. Abram is ‘n voorbeeld van ons almal se roeping: In Abram sien ons dat die dinge wat nie is nie (nie bestaan nie), uitsluitlik deur God se genade uit niks tevoorskyn geroep word, sodat dit iets begin te wees.

  • Vanwaar kom die kerk dus? UIT NIKS.
  • Op watter wyse kom die kerk uit niks tevoorskyn? DEUR DIE WOORD, DEUR CHRISTUS.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s