(3) Abraham-dagstukke: omdat die kerk geseënd is met die Seun, kán en sál en moét die kerk ’n seën wees

In Genesis 12:2 belowe die HEREaan Abram: En Ek (die HERE)sal … jou seën en jou naam so groot maak, SODAT jy ‘n seën sal wees.

Hierdie seën slaan op Niemand anders as ons Here Jesus nie! Immers, uit Abram se nageslag sou die Heiland van die wêreld gebore word.

Omdat Abram hierdie sëen gehad het, daarom sou hy ‘n ook sëen wees vir die wêreld. Sien u hom daar ry op die lang pad na Kanaän? Die evangelie op ‘n kameel se rug! Ja, want uit Abram sal gebore word die Saligmaker van die wêreld en elkeen wat glo in die beloftes wat aan hierdie man geskenk is, hulle sal geseënd wees.

In vers 2 in die 1953-vertaling staan daar: dat jy ‘n seën sal wees. In die oorspronklike staan dit letterlik as ‘n gevolg en as ‘n bevel: SODAT (gevolg) jy ‘n seën sal en MOET (bevel) wees Omdat hy geseën is, sal hy ook gevolglik ‘n seën wees. Omdat hy geseën is, moet hy ook ‘n seën wees.

Dit sê ontsaglik baie vir ons as Nuwe Testamentiese Kerk: Abraham en die volk wat uit hom gebore word, sal, ja moet ‘n seën wees vir mense. En die rede daarvoor is: Die kerk is geseënd met die Evangelie, met die Seun van God. Daarom en so en as gevolg daarvan is die kerk ‘n seën. Maar nou moét ons ook ‘n seën wees deur Christus te verkondig.

Is ons ‘n seën vir ons omgewing en vir ons kerkverband? Ons is en sal dit net wees as ons die seën, wat ons ontvang het, die Seën, die Seun van God verkondig.

Dit help nie om op lidmate en die regering en ons samelewing te bulder dat hulle hierdie of daardie wet van God moet eerbiedig sonder om hulle op hierdie Seën te wys nie. Dan is ons nie ‘n seën nie. Ons moet ook en veral leer hoé mense die wet kan hou: deur dieSeën/Seun van God en sy kruis.

Maar dit beteken ook: Wie belangstel in God se seën, in Christus en sy heil, hulle moet ook geïnteresseerd wees in sy kerk waardeur Hy seën. Want die HERE self maak Abram en die kerk tot draer en verkondiger van sy seën. Wie daarom by die kerk verbyloop, loop by God en sy seën verby. Wie teen hierdie seën ingaan, wie Christus verwerp – sulke mense sal deur God self vervloek word (v 3).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s