Gebed: giet julle hart uit voor die HERE se aangesig

Psalm 62:9: Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is ‘n toevlug vir ons.

Dit is wonderlik hoe die gebed hier beskryf word: stort julle hart uit voor Hom, giet julle hart uit voor die oë van die HERE. Die beeld is die van ‘n kruik, wat heeltemal leeggemaak word, sodat daar glad niks daarin oorbly nie.

Moenie op mense vertrou nie, maar vertrou op God altyd: vertrou ten alle tye en onder alle omstandighede op die HERE alleen.

Luther se kommentaar op die woorde, is diep aangrypend:

Maak julle klagtes met vrymoedigheid aan Hom bekend. Steek niks weg nie. Wat dit ook al is, gooi dit op ‘n hoop voor Hom, net soos wat jy jou hart oopmaak vir ‘n goeie vriend. Hy wíl dit hoor en Hy wíl jou help en raad gee. Moenie skaam wees nie en moenie dink dat dit wat jy vra te groot of te veel is nie. Kom daarmee vorendag, al het jy sakke vol nood. Kom uit met alles; God is groter en sterker en meer gewillig as al ons oortredings. Moenie terughoudend wees voor Hom nie; God is nie ‘n mens wat jy kan oorlaai met jou smekinge nie. Hoe meer jy vra, des te gelukkiger is Hy om na jou te luister. Alleenlik, giet dit uit, moet dit nie uitdrup nie. Want Hy sal nie druppelsgewys gee nie, maar Hy sal jou oorstort met ‘n ware stortvloed.

God is ‘n toevlug vir ons – Hy en niemand anders nie. Al die ander is te klein en te swak om ons hart voor hulle uit te stort. As ek selfs maar net een druppel van my hart voor die heerser sou uitstort, sou hy self ‘n bedelaar word, want hy sou nie in staat wees om my te help nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s