(3) Luther en die Psalms: Psalm 110, ons enigste troos in lewe en in sterwe

Martin Luther het ‘n baie lang kommentaar oor Psalm 110 geskryf.

Aan die einde daarvan kom hy tot die gevolgtrekking: Hierdie pragtige Psalm is die kern en inhoud van die hele Skrif. Geen ander Psalm profeteer so oorvloedig en volkome oor Christus nie. Dit beeld die Here en sy hele Koninkryk af en is vol troos vir Christene.

Sy Here aan die regterhand van die HERE – dít, sê Luther, was Dawid se enigste troos en sy hoogste vreugde. Dit het hom staande gehou in al die node van sy lewe … Deur die geloof het hy dit alles oorwin en bely: Daar is geen gevaar meer nie. Ek sal nie ondergaan nie, selfs al kom dood, duiwel en wêreld teen my. (Immers) ek het ‘n Here wat my Here is en wil wees, want God het dit aan my belowe. Hy sit hoër as almal en is magtiger as hulle almal en Hy het hierdie hoë posisie (aan die regterhand van God) ingeneem om my te beskerm. Al word ek aangeval deur sonde en oordeel, op grond hiervan (dat die Here beklee is met alle mag) sal ek nie wanhoop nie. Hy sit ook daar om te verhoed dat sonde of wat ook al my in die hel stort. Daarom (danksy die Seun aan die regterhand van die Vader), selfs al val die dood my aan en verteer dit my, die dood kan my nie vashou nie, inteendeel, ek moet weer lewend word, want hierdie Here sit daarbo en leef tot in ewigheid.

Sy Here aan die regterhand van die HERE – dít was dus volgens Luther ook Dawid se troos.

Op ‘n ander plek (Psalm 118) beskryf Luther die héle Psalmboek en die héle Heilige Skrif as sy enigste troos en lewensbron. By Johannes 6 praat hy oor die een en enigste troos in Christus.

Ons enigste troos – so noem Luther hierdie woorde sy Here aan die regterhand van die HERE. Treffend dat Luther dit juis so beskryf: Dawid se enigste troos en sy hoogste vreugde.

En nou weet ons waar ons Heidelbergse Kategismus aan sy enigste troos kom: Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe? Dit was die taal van die Hervorming en die Hervormers, die taal van die Heilige Skrif.

Dawid het uit hierdie troos gelewe. Dit moet ons ook doen.

Daar is nie ‘n ander troos nie. Dit is die enigste, die heel enigste, die een en die alles – maar meer is ook nie nodig nie.

Teen so troos kan geen hartseer staande bly nie – nie duiwel, sonde, siekte of dood nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s