Calvyn oor die heerlikheid en troos van die Evangelie: God se genade het ons ellende verswelg

In ‘n voorwoord tot ‘n Franse Bybelvertaling in 1534 skryf Calvyn oor die groot lyn van die  héle Bybel, Ou en Nuwe Testament:

Sonder die Evangelie is alles nutteloos en tevergeefs.

Sonder die Evangelie is ons nie Christene nie.

Sonder die evangelie

  • is alle rykdom armoede,
  • is alle wysheid dwaasheid voor God,
  • is krag swakheid, en
  • is al die geregtigheid van die mens onder die oordeel van God.

Maar – deur die kennis van die Evangelie is ons gemaak

  • tot kinders van God,
  • tot erfgename van God saam met Jesus Christus …

Deur Jesus Christus

  • is die swakke sterk,
  • is die sondaar geregverdig,
  • is die verlatene getroos,
  • die twyfelende seker
  • en slawe vry …

Die Evangelie is die krag tot redding van elkeen wat glo …

Hieruit volg dat alle goeie dinge wat ons kan begeer, in Christus alleen te vind is.

Want …:

  • Hy is veroordeel om ons vry te spreek …
  • Hy is ‘n vloek gemaak sodat ons geseën kan word …

Hy het gesterf, …

  • sodat ons kan lewe …
  • sodat die doderyk weggesink het in die doderyk
  • sodat die hel deurboor is ….

In kort: (sy) genade het (ons) ellende verswelg …

En dan is ons

  • getroos ondanks verdrukking,
  • bly ondanks smart …,
  • ryk ondanks armoede …,
  • lewend ondanks die dood.

Dit is in kort wat ons behoort te soek in die hele Skrif:

Om Christus waarlik te ken en die oneindige groot rykdom in Hom, wat die Vader aan ons skenk.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s