Jou naaste en jou ingang deur die hemelpoort

Martin Luther skryf: As jy jou naaste verbygaan op die pad, sal hy ‘n ent verder op die pad so in die pad lê, dat jy op jou beurt die hemelpoort verbygaan.

As jy jou naaste daar sien lê – arm, op ‘n dwaalweg, in die sonde geval, siek of hoe ook al – en jy gaan verby, sal jy die hemelpoort ook verbygaan.

Presies dit leer ons in 1 Johannes 3:14-17: Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die dood. Elkeen wat sy broeder haat, is ‘n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie. Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê. Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?

Dit is juis ‘n kenmerk van die ware geloof: belangstelling in my naaste.

Hoekom sal jy die hemelpoort verbygaan? Omdat jy nie glo nie, omdat jy nie deur die geloof oorgegaan het uit die dood in die lewe nie. Daarom het jy geen oog vir jou naaste nie. As jy geglo het, sou jy hom gesien het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s