Pase, Pinkster en ons gehoorsaamheid

Ons het pas weer Pinkster gevier, die fees van die koms van die Heilige Gees.

Wie die gebeuternis van Pinkster reg wil begryp, moet dit nooit losmaak van Pase nie. Christus en sy Gees kan nie geskei word nie. Sonder die Heilige Gees bly Christus en Pase vir ewig buite ons lewe staan. Die Gees van Pinkster is die Gees van Pase, want die Gees dra Christus in ons hart in.

En nou wil ek een stuk van die werk van Christus vandag uitlig: die nuwe gehoorsaamheid, dit wil sê die heiligmaking. Christus verlos ons nie net van die skuld van die sonde nie. Hy red ons ook van die sondemag. Wie nie beide, verlossing van skuld én sondemag, vashou nie, verskeur Christus, sê Calvyn. Immers, die Vader het sy Seun gegee tot geregegtigheid én heiligmaking (1 Kor 1:30).

In ons doopsformulier word die eenheid van Pase – onder andere die nuwe gehoorsaamheid – en Pinkster so wonderlik-mooi saamgevat: In die doop belowe God aan ons die Heilige Gees, wat in ons wil woon en ons tot lidmate van Christus wil heilig deur tot ons eiendom te maak wat ons in Christus het, naamlik die afwassing van ons sondes en die daaglikse vernuwing van ons lewe (heiligmaking, gehoorsaamheid)
. Die Heilige Gees maak, deur ‘n ware geloof aan ons te gee, Pase tot ons eiendom. Hy gee ons die hele Christus: die afwassing van sondes sowel as die nuwe gehoorsaamheid.

Ons het óf die héle Christus (afwassing van die sondes én die nuwe gehoorsaamheid) of géén Christus nie. Die Gees van Pinkster plant ons deur ‘n ware geloof in die vrugbare grond van Pase in en daarom sál die boom vrugte dra en ook daarom alleen.

‘n Palmboom hoog en rustig,

‘n seder sterk en skoon

met breë blarekroon –

só groei Gods volk, so lustig.

Hul groei deur Gods genade:

hul bloei daar hoog en fris,

waar God se voorhof is,

in skone lofgewade. (Ps 92:6 – Totius)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s